Posts

Showing posts from May, 2024

Week 1 - Ek is 'n pappa van 'n dogtertjie, wat nou?

Image
 Welkom by Week 1! Voordat ek by die “wat nou” kom wil ek eers so bietjie terug gaan en julle meer vertel van hoe ek tot hier gekom het.   Ek is gebore as die jongste van drie kinders. Twee ouer sussies – heelwat ouer. Saam met my Ma en….wel – vir die lack of a better word – ‘n Pa. Gaan julle nie verveel met die stories oor my sussies nie – dis ‘n ander boek se storie. Ook nie veel oor my dierbare moeder nie – al wat ek kan sĂȘ – ‘n Goeie, hardwerkende mens wat haar rug krom gewerk het om kos op die tafel te kry, klere aan ons lywe en alles anders wat nodig was. Nodig. Dit wat BROODNODIG was, want daar was nie veel meer nie. Dan my pa…wil hom ook nou nie te veel airtime gee nie, maar dis belangrik dat ek hierdie deel. Engelsman. Nie afwesig nie, maar nooit daar nie want die bottel was vir hom so ietwat belangriker as verantwoordelikhede en om ‘n voorbeeld te wees. Dus - ‘n abusive alcoholic met ‘n groot liefde vir gamble. Kaarte, perde, sokker – you name it­ en hy we...

What needs to be done?

  “ Do what needs to be done, when it needs to be done the best way it can be done, and do it that way every time ” aldus Bobby Knight. So wat is dit wat gedoen moet word? En is hierdie die beste manier? Ek weet nie, maar tog voel ek dit is nodig. Ek kyk na die skole en die gemeenskap en ek besef dat sosiale verval al lankal nie meer net gaan oor armoede nie…wel – nie geld nie, nie harde kontant nie….nie ’n ietsie in die bank nie. Gaan nie eers meer oor unbranded klere of kos op die tafel nie. Sosiale verval is aan die toeneem as gevolg van ‘n armoede aan waardes. Kinders wat vandag kinders het – daar is mos ‘n Social Grant . Afwesige pa’s… no care ma’s. “ Leave them ”-ouers. Kyk-ander-kant-toe-as-my-kind-aanvang-ouers. Ouers wat die fout soek vir hul hul tekortkominge by iemand anders. Dis die onderwysers se skuld dat my skapie rammietjie-uit-nek is, geen respek toon nie en geen dissipline het nie. Dis die skool of die kerk of iemand anders se skuld as my kind ‘n sense of e...