Week 5 - Jou reëls of die wêreld se reëls?
Week 5: Jou reëls of die wêreld se reëls? Dit is Aristotle Onassis wat gesê het : “The one rule is, there are no rules .” ‘n Paradoks opsigself – maar tog wil dit voorkom asof daar baie ouers daarbuite is wat hierdie paradoksale reël van toepassing maak in hulle huis. Hulle wil nie streng ouers wees met klomp reëls nie, want hulle wil hul kinders se buddies wees...hulle besties . Ek vind dit interessant en tog kommerwekkend. Jy sit in ‘n plek en ‘n mamma en haar dogter (wat sekerlik skaars 16 is) geniet ‘n bietjie “ Girl-time ” saam. Meer make-up op tussen die twee van hulle as die hele kosmetiek afdeling in Edgars saam. Sussie se rokkie het haar seker laas gepas toe sy in graad 7 was en alles wat op display kan wees is op display . Cocktails in die hand…..tot op hierdie punt kners ek maar op my tande want a) – ek oordeel niemand nie – en b) – dit is nie my saak nie - so keep your nose out of it . Maar dan wil ek ‘n aar in my kop bars...