Week 5 - Jou reëls of die wêreld se reëls?
Week 5: Jou reëls of die wêreld se reëls?
Dit is Aristotle
Onassis wat gesê het: “The one rule is, there are no rules.” ‘n Paradoks opsigself – maar tog wil dit
voorkom asof daar baie ouers daarbuite is wat hierdie paradoksale reël van toepassing
maak in hulle huis. Hulle wil nie streng ouers wees met klomp reëls nie, want
hulle wil hul kinders se buddies wees...hulle
besties. Ek vind dit interessant en
tog kommerwekkend. Jy sit in ‘n plek en ‘n mamma en haar dogter (wat sekerlik
skaars 16 is) geniet ‘n bietjie “Girl-time”
saam. Meer make-up op tussen die twee
van hulle as die hele kosmetiek afdeling in Edgars saam. Sussie se rokkie het
haar seker laas gepas toe sy in graad 7 was en alles wat op display kan wees is op display. Cocktails in die hand…..tot op hierdie punt kners ek maar op my
tande want a) – ek oordeel niemand nie – en b) – dit is nie my saak nie - so
keep your nose out of it. Maar dan wil ek ‘n aar in my kop bars as mamma en
dogter beide ‘n vape uitpluk en al
rook-blasend mekaar se geselskap geniet. Besties…..BFF’s…….sad! Mamma – vir jou het ek nie woorde nie, maar Suster – wraggies
waar – waar is jou self-respek?
Reëls is vir my belangrik. Padreëls, skoolreëls, huisreëls…..dit skep orde,
grense…maar ek het ‘n probleem met wêreldse reëls. Reëls wat voorskriftelik is
oor hoe jy moet lyk, wat jy moet dink, wat aanvaarbaar moet wees buite die
norm. En dit is die reëls waarteen jy jou kind moet beskerm. Nou kyk – ek ken
baie mamma’s (en pappa’s) wat hulle skapies uit boeke uit wil groot maak. Op
hierdie ouderdom moet sussatjie die kan doen, as boeta so oud is moet boeta dat
kan doen. En dan slat ‘n wreedaardige paniek die siel as sussatjie op 13 maande
nog op haar boude rondskuur in plaas van loop en sussatjie word na elke spesialis
en veearts en kruiedokter geneem, want daar is iets fout met die siel. Mamma huil snot en trane, pappa bedink sy grootword jare oor waar hy verkeerd gegaan
het en dan ploeter ons voort want die boek sê so - Sussatjie word geforseer om
te loop want die boek sê sy moet nou al op die ouderdom die 100m leeuloop kan
doen….en sussatjie word ryp gedruk. Loop, praat, skryf, lees…..alles in ryp
gedruk….en dis nie waar dit ophou nie.
Hier is twee goed wat ek rondom reëls wil bespreek – die reëls wat toegepas
word en ook ouers se siening oor reëls. Kom ek begin by die toepassing van
reëls. Nou kyk – ek is nie ‘n engeltjie as dit kom by reëls nie…ek ry ook (soms)
140 in die 120km/uur sone. Ek verkies ook (SOMS) om net af te slag by ‘n stopstraat sonder om dood te
stop, maar ek probeer my beste om reëls te gehoorsaam. Al is jy haastig of
ongeduldig – wag in die ry tot dit jou beurt is, wees stil waar daar gevra word
vir stilte, as die perk op iets 22:00 in die aand is is die perk 22:00. As
almal net reëls ignoreer of ooplos vir hul eie interpretasie….met watter
wanorde gaan ons nie sit nie? Die reël is byvoorbeeld: MOENIE DRINK EN BESTUUR
NIE…”whah-whah-whah – ek kan my drank
hanteer – Niemand gaan my sê wat ek mag of nie mag doen nie” of “Ag net een drankie gaan nou niemand skade
doen nie.” Regtig? Jy brawe boertjie wat jou drank kan handle….good for you maar
wat as jy vanaand net oor jou eie limiet is en iemand anders se lewe
vernietig…….wat as een drankie die rede is dat jy iemand anders se lewe kos….Is
dit die moeite werd? Wag – laat ek nou eers weer hier van my ou soapboxie afklim…..Reëls is reëls – en
jy het geen reg om jou belangriker te ag as enige reël nie!
Dit bly die Bottom line – reëls is reëls….dis nie altyd lekker
nie, dis nie altyd sinvol nie – soos byvoorbeeld – In Suid-Afrika mag jy nie in
die publiek vloek nie! Yeah right – kan
sien hoe julle daai een gaan toepas!! But
nonetheless - reëls is reëls want
dit skep orde en deur dit nie te doen nie gaan daar gevolge wees. Al sien jy
dit nie in nie en al stem jy nie saam nie – dit is daar vir ‘n rede. Toe my
twee klein was, was ons baie selektief oor wat hulle op TV kon of nie kon kyk
nie. Kyk – ons het nie twee Preutse Giggel-vir-alles Koeke groot gemaak nie –
MAAR daar was perke in wat hulle kon kyk. Baie DVD’s het nie ons stamp of approval gekry nie – DVD’s oor
dinge wat ons gevoel het skadelik is vir ons kinders se geestelike ontwikkeling
– Ja sorry – Harry Potter is ‘n kite
wat nie in my huis gaan vlieg nie – DVD’s wat ons gevoel het nie in lyn is met
ons waardes en beginsels nie en DVD’s en programme wat die norm van konserwatief
na liberaal wou push – nee – eerder met ‘n baseball bat uit die park uit wou
bl&*%% - was ‘n taboe. Die 16LVS
restriction op ‘n rolprent beteken
nie 16 sterre vir ‘n Lekker Vermaaklike Storie nie…..die “13”; “16” en “18” het ‘n baie spesifieke doel en
rede hoekom IEMAND gevoel het dit is nie toepaslik vir iemand van daai ouderdom
nie. Ja – Jy as ouer kan self bepaal wat in lyn is met jou standaarde ens, maar
as jy geen idee het van die inhoud, taal of storie nie – dan laat jy jou kind
nie toe om dit te kyk nie….JOU
ReëLS……Jy kan nie ingee vir wêreldse reëls wat sê “jy moet jou kinders
blootstel aan alles nie”, wat reken “dis die realitiet van die lewe – deal with
it”, of “die beperkinge is te hoog – hulle laster net so bietjie nie”. Nee!
ouens…..Stick by die reëls. Jy moet
weet waarvoor jy staan, wat jou waardes is en wat jy wil hê jou kinders moet
naleef….As jy hulle los om reëlloos te wees – dan gaan jy as ‘n reël lang…..laaanng……baie
laaaaaang trane huil en dan kan jy nie kom vra “Hoekom?” nie, want dit sal jou
eie doing wees.
Verduidelik van kleins af vir jou kinders hoekom daar reëls is, wat die
gevolge is as jy nie die reëls navolg nie, dat reëls gevolg moet word al is
hulle nie lekker nie en verduidelik hulle – in geen onsekere terme – hoekom jy
seker reëls van toepassing maak al laat hulle maatjies se ouers iets toe….Jou
huis, jou reëls. Deal with it of ek
teken met liefde die adoption papiere
vir jou sodat hulle jou maar kan aanneem en deal
met jou issues as jy uitdraai as die
persoon waarteen ek jou net wil beskerm!
(Loud exhale) – My tweede siening
is sommer kort en kragtig. As jy mamma en pappa alle reëls wil verontagsaam
omdat jy te slim is, of niemand jou niks gaan vertel nie, of die government se *&*^* - hulle gaan my
niks vertel nie…..then guess what –
dan gaan jou bloeitjie dieselfde attitude
inneem. Hulle gaan ook lawless wil
lewe – en dan kan jy pappa (of mamma) nie eens waag om ‘n reël neer te lê nie
want hulle gaan dit teruggooi in jou gesig, ogies terug rol, armpies vou,
skouertjies optrek, bekkie skeef trek en sê “Of wat?!?”
Ouch! Een van die belangrikste lesse wat ek jou
kan leer is – Weet wie jy is, wat jou waardes is en wat jy wil hê jou kinders
moet wees. As jy dit weet – het jy nie boeke nodig om sussietjie groot te kry
nie. Sodra boetie of sussie oud genoeg is om te hoor – lê jy die reëls duidelik
neer asook die gevolge. En dan – consistency.
Pas jy self reëls toe op die pad….by die werk, in die land…..stel die voorbeeld
en al SUCK ‘n reël in hoofletters – pas dit toe. It’s there for a reason.
Ons huis – met die geboorte van ons eerste - het baie dingetjies gehad wat
rondgestaan het…orals. Glas-goed, erf-goed, kosbare-goed. Het ons ooit al
hierdie goed weggebêre om te verhoed dat ons klein Tazmanian Devil op haar trippie deur die huis alles in haar pad destroy…nee glad nie. Sy is geleer: Jy
hardloop nie in die huis nie, jy speel nie bal in die huis nie, jy respekteer
my besittings. As iets breek – dan is daar gevolge. Dieselfde reëls neergelê
vir ons tweede Tazmanian Devil – en
glo my sy was ‘n Jak de Priester besete duiweltjie want sy wou net “Voete roer”…..maar tot vandag toe weet
my kinders ‘n gehardlopery in die huis word verbied, geen balle speel in die
huis nie en steeds het hulle respek vir my goed. 22 years and going en ek kan op 1 hand tel hoeveel kere goed
gebreek het, ‘n glas of koffie-beker of iets….nie omdat hulle reëls
verontagsaam het nie, maar blote ongelukke.
Dus weet ek – as ek eendag by my kinders gaan kuier en hul huise is gevul
met die lag van klein woelwaters – weet ek dat hulle kinders nie in die huis
gaan rondhardloop nie, hulle gaan nie bal speel in die huis nie en ek weet my
dogters gaan hulle huise geniet want hulle kinders gaan respek hê vir alles in
daai huis. Oupa gaan miskien toelaat dat hulle die reëls so bietjie mag beproef
of buig of dalk net push….maar dit gaan mos my voorreg wees, of hoe? Oom Willem
Wikkelspies het tereg gesê “Lawless are they that make their wills their law.”
Dankie William – I sallute.
Volgende week is die vra ek die vraag – Kan jy netbal speel met ‘n
rugbybal?
Dad Joke vir die week: Singing
in the shower is fun until you get soap in your mouth. Then it's a soap opera!
Tot volgende week.

Comments
Post a Comment