Week 2 - Die tweede slaggat - wat weet ek nou eintlik van 'n dogtertjie af?

 Week 2.....hier gaan ons.


Pienk is nie my kleur nie. Was nog nooit nie. But guess what? Voor ek my oë kan uitvee is alles om my ‘n ontploffing van pienk. Elke skakering van pienk. Pienk sokkies, doeke, babygrow, die mat, die mure, die gordyne, die kombers, die waslap…….alles pienk! Ten minste het ek geleer daar is ‘n naam vir elke skakering van pienk! Champagne pink, Pink lace, Piggy pink, pale pink, bay pink, Spanish pink! What!?!  Ek dog piek is pienk – lig pienk of donker pienk – maar nou ja. Vinnig geleer – just go with it. Maar dis nie die grootste aanpassing as hierdie bondeltjie pienk vreugde haar opwagting maak nie.

Waar aandete vir twee voorheen sort van ‘n event was – is dit nou ‘n geval van whatever  in die yskas of vrieskas is – en as jy wil moan – wel help jouself dan.  Selfs TV kyk is skielik ‘n uitdaging. In die oggende as my oë oopgaan speel Towertuin se irriterende deuntjie op die TV….borsel tande met Flip en Flop in die agtergrond en verlaat die huis met die vrolike klanke van Lollos. Vanaand as ek 7de Laan wil kyk – hey – don’t judge me – dit was die 2000’s – 7de laan was nog goed – moet ek ‘n DVD van Barney kyk. Oor en oor. Het ek genoem pienk is nie my kleur nie? Well guess what – ek hou nog minder van pers. Wreedaardige gedagtes het telkemale by my opgekom oor hoe iemand oor die pers dinosaurus ry en reverse en weer oor hom ry! Dat die vrolike, singende persgedrog van ‘n stel trappe afval en elke moontlike beentjie breek en nooit weer een woordjie kan uiter nie! Hoe raak kinders so lief vir hierdie confused kreatuur? En as ek eers die deuntjie moet hoor van “I love you….you love me” dan beskuie ek myself 40 skakerings van pienk en pers!

En dan het Barney nog kompetisie ook gehad met Sponge-Bob-Sqaure-Pants….hierdie raak nou te traumaties. Maar die punt wat ek probeer maak is die feit dat ‘n nuwe skepsel jou binneste binnekring betree het en dit gaan nie meer net oor jou nie….you need to make some sacrifices, endure more, show more patience en plaas bietjie iemand anders se happiness en needs voor jou eie, because this too shall pass en dan mis jy sagte pienk kombersies, Lollos se slim lesse - en voor jy jouself kan kry – fluit jy nostalgies die kenwysie van ‘n simpel mannetjie wat in ‘n pynappel onder die see bly.

So dis die sacrifices….maar op watter ander vlak moet jy as mens verander – of eerder aan pas – om harmonieuse balans in die huis te handhaaf?

Les 5 – Weet wanneer om perke duidelik te stel. Weet wanneer om jou man te staan, wanneer om te compromise en moet NOOIT OOIT gesag op ‘n negatiewe manier afdwing nie. Jy as PA is Koning, Priester en Profeet van jou gesin. Van jongs af moet jou kind geleer word dat sy ‘n prinses is. Nie ‘n self-entitled spoilt brat nie – royalty wat ‘n taak het om te dien. Dien almal om haar, naby aan haar, die wat anders as sy is en selfs die wat haar nie na waarde skat nie. Tweedens is sy ‘n warrior princess – wat haar man moet kan staan sonder om iemand anders af te breek, te verkleineer of minderwaardig te laat voel. Wat vir haar belangrik is – moet vir jou belangrik wees en vice versa. Vul mekaar aan. Onthou – mamma is ook in die mix en daar moet ‘n absolute balans van wedersydse respek wees, give and take en BAIE insig, begrip en empatie…

Miskien makliker om die woorde te tik as om dit te leef – MAAR – dit is belangrik dat jy konstant aan hierdie resep werk. Jou kind moet weet jou woord is jou eer, wat jy sê word bedoel en grense word nie verskuif nie. En as suster dit waag om jou te back-chat – dan maak jy seker jou optrede is van so aard dat sy in haar lewe dit nie weer sal waag nie – sonder om jou te resent. As hulle klein is leer hulle vinnig wat die grense is en wat gebeur as hulle oor die grense trap – but be consistent. Soos hulle sê (sorry – ek weet nie wie HULLE is nie) – maar soos hulle sê – Consistency is key!

 

Die eerste 6 jaar is werklik vormingsjare – nie net word jou kind gevorm deur omstandighede, julle as ouers se optrede en WOORDE nie, maar ook wat elkeen se rol in die gesin is, wat is toelaatbaar, wat is taboe en presies hoe ver ek pappa se moermeter kan push voordat die gort gaar is en daar gevolge is vir my optrede.

Die pienk word minder want sussie begin self besluit waarvan sy hou, sy maak haar eie keuses oor kos (not always too healthy or enticing), kleredrag (hier mag jy dalk lag, huil of weghardloop) maar los haar – want sy is besig om haarself te ontdek, haar voorkeure en die dinge wat haar laat tick.

Pa’s speel ‘n belangrike rol in hul dogters se lewe…..no truer words were said toe daar gesê is dat ‘n Pa ‘n dogter se eerste liefde is. Sy hou jou van kleins af dop….hoe jy haar ma hanteer en behandel, hoe jy ander behandel, wat jy sê en doen, is jy ‘n man van integriteit, is jou woord jou eer en is jy waardig om ‘n man en ‘n pa te wees. Dis vir haar belangrik want sy gaan haar toekomstige man meet aan die maatstaf wat jy gestel het.

En soos jou dogtertjie groot word moet jy as pappa altyd daar wees. Nie net om die snotneusie skoon te vee, trane af te vee of om pleisters op te plak nie. Les nommer 6 – Dis nie net Mamma se plig om pleisters op te plak nie. Dis ontsaglik belangrik om van vroeg af ‘n emosionele band met jou kind te vorm. Jy het ‘n verantwoordelikheid om jou kind se hart te beskerm en haar hart voor te berei om ‘n dienende hart te wees, ‘n eerbare hart wat haar Skepper sal dien, en ‘n hart te hê wat sal weet – She is worthy.

Babatyd is pret – as jy dit pret maak. Dis ‘n discovery journey en soos al genoem – jy help waar jy kan. Maak nie saak hoe moeg jy van die werk af kom nie – as jy in die aande moeg en uitgestress van die werk afkom – dan los jy jou werksprobleme by die deur, steek jou moegheid en irritasies weg, hou jou koppie hoog en trek jou grootseun panties aan – want as jy nie daardie balans gaan kan tref nie – gaan iets iewers ingee en gaan of die paw-paw die fan strike, of iemand se gesondheid gaan die prys betaal of iewers gaan jy letsels los. En soos jy help in die huis (brother – do your bit!!) is daar die moeilike onderwerp van bad. As baba nog klein is mag jy help met badtyd…as sy groter is kom daar ‘n punt waar jy as pappa bietjie moet terugstaan en haar moet los om of alleen saam met mamma te bad of onder mamma se toesig – alleen te bad. Jy mag dalk voel jy as ouer stel self die perke van privaatheid en waarmee JY gemaklik is – maar ek herhaal – it is no longer just about YOU! Dit gaan oor respek – Jy moet respek vir jou kind en haar lyf hê…as jy haar dit nie leer en aan haar bewys nie – hoe kan jy verwag dat sy respek moet hê vir haar eie lyf, of dat ander respek vir haar moet hê? Boundaries – pappa – boundaries!

So om ‘n dogtertjie te hê is toe nou nie so ‘n groot slaggat nie – dis actually ‘n blessing want jy kan op-piep soos jy wil, minder worries oor bloedneuse en blou kolle (Ek lieg!!) hê, nuwe vaardighede leer soos hare vleg, watter kleure pas bymekaar, watter skoene gaan saam met watter outfit en saam koekies bak. En as Barney nog een maal “I love you sing” terwyl jy net ‘n bietjie wil sien wat doen Hilda’tjie en Oubaas….dan vergeet jy gou hierdie verbygaande dinge as julle rustig op die bank lê en saam Lion King kyk en aan die slaap raak en jy in jou binneste kan sing – All is well with my soul…want die wêreldse dinge en probleme raak nietiglik klein as jy vrede vind in die wonderwêreld van hierdie bondeltjie vreugde.

Pienk is steeds nie my kleur nie – maar dink net hoeveel armer die kleurspektrum sou wees daarsonder!

Volgende week se onderwerp is - Week 3: Wat doen jy as jy man-alleen staan? Onthou om die page te follow en as jy waarde vind in dit wat hier gedeel word – share asb die link met soveel as moontlik mense – kom ons wend ‘n spanpoging aan om ons toekoms, ons kinders – te stig en op te bou.

 

Dad Joke vir die week: Which days are the strongest? 

Saturday and Sunday. The rest are weekdays.

 

Tot volgende week.

 

Comments

Popular posts from this blog

What needs to be done?

Week 1 - Ek is 'n pappa van 'n dogtertjie, wat nou?