What needs to be done?
“Do what needs to be done, when it needs to
be done the best way it can be done, and do it that way every time” aldus
Bobby Knight. So wat is dit wat gedoen moet word? En is hierdie die beste
manier? Ek weet nie, maar tog voel ek dit is nodig.
Ek kyk na
die skole en die gemeenskap en ek besef dat sosiale verval al lankal nie meer
net gaan oor armoede nie…wel – nie geld nie, nie harde kontant nie….nie ’n
ietsie in die bank nie. Gaan nie eers meer oor unbranded klere of kos op die tafel nie. Sosiale verval is aan die
toeneem as gevolg van ‘n armoede aan waardes.
Kinders wat
vandag kinders het – daar is mos ‘n Social
Grant. Afwesige pa’s…no care
ma’s. “Leave them”-ouers.
Kyk-ander-kant-toe-as-my-kind-aanvang-ouers. Ouers wat die fout soek vir hul
hul tekortkominge by iemand anders. Dis die onderwysers se skuld dat my skapie
rammietjie-uit-nek is, geen respek toon nie en geen dissipline het nie. Dis die
skool of die kerk of iemand anders se skuld as my kind ‘n sense of entitlement het?
Hierdie is
geen poging om sosiale kwessies aan te spreek of om oplossings te bied nie en
ek mag dalk dikwels tong-in-die-kies verwys na gebuere in die skool of
gemeenskap – maar dit bring my terug by my vraag: Wat is dit wat gedoen moet
word?
So bietjie
agtergrond – ek en my vrou is nou al vir 22 jaar getroud en het twee lieflike
dogters wat ons lewens op soveel maniere verryk. Het ons iets reg gedoen? Ek
hoop so? Het ek ‘n wen-resep vir goeie, gedissiplineerde, ambisieuse kinders –
Glad nie! Maar ek wil op hierdie blad deel die dinge wat ek ervaar het en
beleef het. Daar is altyd advies van mamma’s aan mamma’s oor wat om te doen as
baba olik voel, wat om te doen as jou sonskyn ‘n vloer-moer gooi en hoe om te deel
met die hormone wat engeltjies in hul tienerjare verander in duiweltjies.
Duiweltjies wat jou dankbaar maak dat die doodstraf nie meer ‘n ding is nie, want
waaraggies – ek sal vir Bertha morsdood slat as sy my skeef omdat ek haar vra
of sy rerig dink haar uitrusting is gepas vir die funksie waarheen sy gaan. Om
die moermeter nog meer in die rooi te druk my dan half sarkasties – met n
chappie in die mond te vra- of ek weet watter jaar dit is?
Maar dis
nie die punt nie! Ek is ‘n pappa….’n pa pa wat dankbaar is dat ons tot hier
gekom het, trots op wat my dogters bereik het en in stilte kan terug sit en
weet…..You’ve done something right.
Dit bring
my weereens terug by die vraag – Wat is dit wat gedoen moet word?
Die eerlike
antwoord – ek weet nie. Maar kom saam met my op hierdie journey en dan werk ons dit uit – en dalk, net dalk kan ons iewers
weer begin om iets te bou wat mooi is…weer ‘n bietjie klem lê op waardes en
dalk net weer begin om iets te instill
wat saam met ons kinders kan groei sodat hul ‘n nuwe generasie kan groot maak
wat nuwe hoop bring – want ek dink – ons het hoop nou meer nodig as ooit. Volg
my gerus.
Oor die
volgende 12 weke sal ek die volgende “onderwerpe” aan raak. Laat weet gerus as
julle iets spesifieks wil sien – net nie Wiskunde nie. Ek doen nie Wiskunde
nie!
Week
1: Ek is ‘n pappa van ‘n dogtertjie –
Wat nou?
Week 2: Die
tweede slaggat – wat weet ek nou eintlik van ‘n dogtertjie af?
Week 3: Wat
doen jy as jy man=alleen staan?
Week 4: Is
jy die Koning of is sy die Prinses?
Week 5:
Wêreldse reels of jou reëls?
Week 6: Kan
jy netball speel met ‘n rugbybal?
Week 7: As
die katte se kloue uitkom.
Week 8:
Dogtertjies word ook groot.
Week 9:
Staan jy op die kantlyn of by die wenstreep?
Week 10:
Gaan jy ‘n legacy los of net letsels?
Week 11: En
toe word ons groot.
Week 12:
Pappa – ek skuif jou nou bietjie agtertoe.
Week 13:
Wat is dit wat gedoen moet word?
Great - looking forward to read the next chapters
ReplyDelete