Week 3 - Wat doen jy as jy man-alleen staan?

 



Welkom terug en dankie dat jy hier is vir Week 3. Baie dankie ook vir die teugvoer op die blog – ek waardeer dit baie!

‘n Aanhaling wat my baie na aan die hart lê is die volgende een: “A man's character is not determined by the mistakes he makes, but by how he learns from them and grows.”

Vir my is ‘n dag wat ek nie iets geleer het nie ‘n dag wat vermors is. So ek probeer altyd iets leer. Nie noodwendig iets akademies nie, maar iets van myself, my gesin, my kollegas. Iets.

Man-alleen…? Hoekom is hierdie so ‘n belangrike onderwerp vir my? Uit my eerste posts het ek genoem dat ek die jongste van drie kinders is – twee ouer sussies. En my ma. En die afwesige rol van ‘n Pa….so ek is gevorm deur die invloed van vrouens. Gooi in hierdie mix elke liewe Juffrou wat ‘n impak op my grootword jare gespeel het, dan kan ek met gemak sê vrouens speel ‘n belangrike rol in my lewe. Baie mense kom en gaan in jou lewe maar sommige maak so ‘n besonderse impak dat jy hul nooit sal vergeet nie. Ek onthou Juffrou Rosa – my graad 1 juffrou. Mev Opperman – die kwaai graad 2 onderwyser. Mev Basson – graad 4 juffrou. Mev Swartz in Standerd 8.

En vandag? ‘n Huis vol vrouens en my hond – Chloë wat natuurlik ook ‘n tefie is. So – steeds omring deur vroue-lewens wat my lewe vorm. En net by the way – my track record met honde het verbeter oor die jare – Chloë is al 7 jaar oud en Gizmo – die ander Pekingese – hou die record want hy is al 9 jaar saam met ons! Dis mos nou progress!

Maar hoe maak jy dit as jy man-alleen staan met die invloed van soveel sterk vrouens in jou lewe? Dis tough. In my grootword jare – verstaanbaar – is ek nie rerig aan sport blootgestel nie. My pa sou sekerlik die gelukkigste mens in die wêreld gewees het as ek ‘n jockey geword het, maar sport het my nie aangestaan nie. Hy het dit vir my ‘n lelike ding gemaak. Sy geskree en gevloek. Agro geraak as hy weereens verloor het. So daardie liefde is nooit gekweek nie. Boonop was ek maar ‘n maer, tingerige bleeksiel…so geen hoop op sport-stardom nie. Op laerskool – toe ek nog nie heeltemal bewus was van wat om my aangaan nie, het ek atletiek gedoen…..ek het – glo dit of nie – gehardloop. Kort- en langafstande en alhoewel ek nie goue-medalje-materiaal was nie – was ek goed daarin. Tot eendag wat my pa by ‘n byeenkoms opgedaag het. Lekker getrek. Van die kantlyn af geskree en gevloek. Ek wou doodgaan van vernedering. In die laaste langafstand van die dag was my fokus eerder by die geskree as op die gehardloop en in die laaste 200 meter het ek net opgegee. Dit het nie my pa stil gemaak nie, inteendeel – dit het hom net meer provoke. Hy het my aan die arm gegryp en van die baan afgeruk, my – en almal wat kon en wou hoor – laat verstaan watter disappointment ek was…dit was die laaste keer ooit op die atletiekbaan vir my.

Laerskool is verby sonder dat ek enige sport gedoen het – en dit was okay. Maar hoërskool was nie. Omdat ek nie sport gedoen het nie was ek ge-lable. Mense verstaan nie, want hulle weet nie wat in jou lewe aangaan nie. Op hierdie ouderdom voel die jong manne dat hulle reeds ‘n duidelike idee het van wat ‘n ware man mos moet wees. En as jy nie in daai boksie pas nie – dan lê die fout by jou! Judge jou op grond van wat hulle dink…dit wat hulle dink hulle weet, dit wat hulle dink die norm is - dit was tough. Hoe sê hulle – I was frowned upon. And I had to deal with it.

Met wie mot ek praat? Wat doen ek? En so gebeur dit dat ek in Standerd 7 my heel beste vriend ontmoet…..en guess what…my heel beste VRIENDIN. Ons het ‘n baie hegte vriendskap ontwikkel – platonies op alle vlakke – maar in stilte het ons mekaar gevind en verstaan. Sy het my aanvaar soos ek is sonder om vrae te vra – sonder om te weet wat agter geslote deure aangaan. Ons het ons lewens gedeel, maar steeds het ek haar uitgesluit en onbewus op ‘n afstand gehou. Net naby genoeg toegelaat om my te vertrou en met my te deel. Sy kon nie by my huis opdaag nie, sy kon nie my pa ontmoet nie, want ek het geweet sy sou die berge in hardloop. Nou kyk – hier in die woeste weste is daar nie berge nie – maar genoeg mynhope dat sy dalk een van hulle sou inhardloop. Maar ons vriendskap was solid.

Mans in vandag se tyd het dit so bietjie moeilik. En ek weet nie hoe om dit te verwoord nie, maar dis ‘n realitiet. MAAR dit is geen, maar geen verskoning vir slapgatgeid nie. Inteendeel – MAN UP!

As ek kyk na wat in die skole gebeur is dit hartseer om te sien hoeveel pa-lose huise daar is. Teel aan soos hase en los die ma en kinders en stap weg van verantwoordelikhede af. Dissipline lack want geen vaderfiguur neem leiding en leer kinders om mens te wees nie, geen respek, geen rolmodel nie. En dis hartseer. En hierdie is die flip-side of the coin. Want aan die een kant staan ek man-alleen in my wêreld wat deur vrouens gevorm word – en aan die ander kant staan ek man-alleen want ek weet nie hoe om deur te dring na al die jong manne en pappas daar buite vir wie die penny nog nie gedrop het nie.

Manne – julle het so ‘n belangrike rol om te speel. Jou kinders leer nie net uit dinge wat jy sê nie – maar ook uit die dinge wat jy NIE sê nie, die dinge wat jy doen, wat jy NIE doen nie en hoe jy mense behandel. Hoe gaan jou kinders respek hê vir die instelling van die huwelik as jy dit afmaak as ‘n las, ‘n life sentence. As jy nie hulle ma met respek en waardigheid hanteer nie? As jy nie baklei vir die behoud van jou huwelik nie en as jy afwesig is?

Ons samelewing gaan verder verarm as JY MANSMENS nie jou deel doen nie. Die lewe is tough – ek weet. Ek ken van sukkel, en probeer en baklei en teleurstelling – maar elke keer is ‘n les wat ek vat en myself probeer beter maak. As ek moes wegstap van my huwelik af elke keer as ek en my vrou ‘n speedbump in ons huwelik getref het- dan was ek seker nou al oor ‘n 100 keer geskei. As ek my verantwoordelikhede as pa moes opgee omdat dit nie meer lekker was nie – dan – wel - dan was dit een sad storie. Maar die dag toe ek my vrou trou gesweer het – het ek ‘n belofte gemaak. Een wat ek met alles in my gaan onderhou tot die dood ons skei. Die dag toe my twee dogters gebore is – het ek ‘n verantwoordelikheid geneem om hule te onderhou, groot te maak en die beste pa te wees wat ek kan.

Gaan ek eendag ‘n moerse groot medalje kry wat ek om my nek kan hang omdat ek die beste pa is? Nee – nooit nie…..maar soos ek vandag hier sit en skryf – loop my hart oor van trots en is my gemoed vol want ek voel skatryk - ek weet my kinders het by my geleer. Lesse wat karakter gebou het, lesse wat hul lewens verryk het en lesse wat hulle oor gaan dra aan hulle kinders.

Ek en my vrou bid elke liewe dag vir die regte man vir ons kinders – manne met integriteit, wat ons dogters gaan liefhê en na waarde gaan skat. Manne wat Godvresende manne is. Manne wat bereid is om man-alleen te staan en te baklei vir ons kinders, hulle gesinne, vir hulleself en manne wat pappa’s gaan wees op wie ons, ons kinders en hul kinders trots gaan wees en met eer en respek “Pappa” gaan kan noem.

Is ek spyt dat my pa nooit daardie rol gespeel het nie – nee – want ek het uit sy foute uit geleer….lesse wat ek nêrens anders sou kon leer nie. Mis ek die feit dat ek nie ‘n pa gehad het wat my gevorm het nie – beslis ja. But that doesn’t make me weak or pitiful….inteendeel – dit maak my mens.

 

Volgende week is die vra ek die vraag - Is jy die Koning of is sy die Prinses? Follow en share asb.

Dad Joke vir die week: When is a car not a car? When it turns into a parking lot.

Tot volgende week.

 

Comments

Post a Comment

Popular posts from this blog

What needs to be done?

Week 1 - Ek is 'n pappa van 'n dogtertjie, wat nou?

Week 2 - Die tweede slaggat - wat weet ek nou eintlik van 'n dogtertjie af?