Week 4 - Is jy die Koning of is sy die Prinses?
Week 4: Is jy die Koning of is sy die Prinses?
Kyk – van
‘n Disney prinses gaan jy my niks vertel nie. Ek ken hulle elkeen se storie, ek
ken hulle untold story, ek ken hulle back story….ek ken hulle storie se
storie! Daar is nou nie rerig enige prinses uit die stories wat my werklik
interesseer nie, want hulle is almal – wel – almal ‘n bietjie prinsesserig!
Maar as ek nou een, of twee, moet uitsonder sal dit Tangled se Rapunzel wees
en Merida van Brave. Ek weet nie wat dit is nie, maar daar is iets besonders aan
die twee karakters, iets wat ek hoop iewers in my eie prinsesse vasgevang is.
So – asof
een bondeltjie prinses vreugde nie genoeg was vir ons nie en die wroeging van
hoe om ‘n dogtertjie groot te maak nie genoeg gespook het nie – word ons gebless met ‘n tweede bondeltjie prinses
vreugde. Ek moet erken – die spoke het op hierdie stadium heelwat minder
gespook en ek dink ek het die handle
hierop gehad. Steeds baie vrae, maar dit was beslis makliker. Wat ek egter tot
vandag toe nie verstaan nie, is - hoe is dit moontlik dat twee skepsels wat in
dieselfde huis groot word, onder dieselfde omstandighede, met dieselfde
blootstellings – se persoonlikhede so drasties kan veskil? Dag en nag! Die
oudste ‘n mini me – en die jongste ‘n
mini-mamma!
Ek moet
hier bieg – beide my kinders het op ‘n baie jong ouderdom op hulle koppe
geval…een het met ‘n loopring by die kombuisdeur uit geblik….uitgeval en die
ander in ‘n moment of total absent mindedness
– uit ‘n karstoeltjie uit. En tot vandag toe glo ek dit is waar hul
hardkoppigheid vandaan kom – but let
bygones be bygones. Dit verduidelik nie die teenstrydigheid waarmee ons
moes cope nie.
Een aanvaar
stilte, kalmte, logika en orde en die ander – wel – alles behalwe. En alles
word ge-question. Gee jy nie antwoord
wat sy wil hê jy moet gee nie – ontaard elke vraag in ‘n nasionale debat – wat
ek natuurlik nooit kon wen nie. So ek het geleer om sekere dinge net in stilte
laat vaar. Ek het mos gesê – elke dag is ‘n leer dag!
Maar twee
uitlopende personlikhede of te not –
ek sou nie my lewe anders wou hê nie en ek kan met alle eerlikheid sê – ek is
nog altyd dankbaar my bekertjie loop oor! So worstel jy met ‘n innerlike stryd
van hoe rus jy hierdie twee prinsesse toe om warrior prinsesse te wees wat weet hoe om op te staan vir wat reg
is, hulle eie stempel af te druk op die lewe, nie toe te laat dat ander hulle
minag nie en ‘n boldness te hê wat
jou in verwondering laat? Ons het baie vir ons kinders gelees….maar die
belangrikste boek wat ons seker oopgemaak het in ons huis is die heilige woord
van ons Skepper…en dit het ‘n gids geword, ‘n vaste fondasie, ‘n hoop en ‘n
dankbare bron van insig, wysheid en begrip.
Tog word
jou prinses in die wêreld groot en kan al die blootstelling aan wêreldse dinge,
wêreldse reëls en wêreldse standaarde jou prinses verander, wegvreet en
verslind en kan maak dat al hulle magic
verdwyn. Jy as Koning van die huis moet daardie orde handhaaf en as die wêreld
bietjie druk – het jy ‘n plig om haar kroon of op te tel en terug te sit of om
hom net weer bietjie reg te skuif, want as jy haar gaan los om haar
prinseskroon te veruil vir ‘n wêreldse kroon – dan is ek jammer om te sê – dan
gaan jy die dienaar word en sy die ruler.
Makliker
gesê as gedaan want met die invloed van tegnologie, groepsdruk, televisie en
ander media gaan jy as koning van jou huis BAIE sterk moet staan. Soms
man-alleen – maar ons het mos daaroor gepraat. Hier is wat jy DOEN veel
belangriker as was wat jy Sê!
Ek gaan nie
nou ‘n resep vir sukses gee nie – ek het nie een nie - maar wat nou gaan volg
is bloot ‘n paar pointers om te help
om te verseker dat jou prinses toegerus is vir die groot wêreld. Soms het hulle
groot skoene om te vul en soms is hulle net eenvoudig te groot vir hulle
skoene, maar dan moet jy hulle maar net weer in rope, die speelveld bietjie gelyk maak, hulle ogies weer
terugrol wat hulle tot daar ver agter vir jou gerol het en die kroon weer reg
op sit.
Moenie dat iemand vir jou prinses sê dat sy
nie KAN nie. Sy moet haar eie grense beproef en kyk waartoe sy in staat is (dis
OK om nie 'n kenner van alles te wees nie – dit is ongelukkig ‘n les wat ek nog
nie vir my jongste kon leer nie!). Moenie toelaat dat iemand anders haar pad
bepaal of haar afbreek nie. Daar is miljoene vroue in die wêreld aan wie gesê
is dat hulle nie iets kan wees of doen nie, wat voort gegaan het en dit gedoen
het of dit geword het. Laat sy een van daardie vroue wees. En dan ‘n les wat ek
steeds sukkel om my twee te leer is – net omdat jy alles kan doen – beteken nie
jy MOET nie.
Leer haar om vriendelik te wees. (Moeilke
lessie veral as sussie nou nie eintlik ‘n oggendmens is nie!!). Leer haar om
nie ander te oordeel omdat hulle anders as sy is nie. As jy dit kan bemeester
kan ek jou beloof gaan sy baie battles
in haar lewe lag-lag oorkom! Wees ‘n voorbeeld en leer haar om alle mense gelyk
en deernisvol te behandel. Gaan uit jou pad uit om vriendelik, behulpsaam en
liefdevol te wees. Daar sal tye wees wanneer sy vriendelikheid van ander nodig
sal hê because it is a cruel world out there,
so pay it forward.
Wees taai Prinses. Praat vir jouself.
(Brawe woorde Pappa – want as poplap daai enetjie bemeester is daar geen manier
wat jy TEEN haar gaan praat of argumenteer of redenaar nie!!) Leer haar -
Moenie slegte gedrag, onderdrukking of teistering duld nie. Leer haar – werk
hard vir wat jy wil hê – jy is geregtig op niks nie - die lewe sal jou
platslaan, mislukkings is onvermydelik, maar borsel jouself af en hou aan.
Volhard, my meisie.
Ek was bevoorreg om vir ongeveer al die tyd
wat my kinders op skool was op skool beheerliggame te dien en die laaste paar
jaar was ek in die onbenydenswaardige (is dit ‘n woord?) posisie om op die
Dissiplinêrekomitee te dien. Hartverskeurend as ‘n pragtige dogter voor jou sit
met oë vol potensiaal – maar wat geen respek vir haarself het nie, wat nie glo
in haarself nie en wat so hard probeer om die mooi binne in haar weg te steek
om die prentjie van die wêreld wat sy wil bevredig na te leef. Of dan sit hulle
saam met hul ouers daar en jou hart roep uit want jy besef alles wat hierdie
kind verkeerd doen is as gevlolg van die voorbeeld in die ouerhuis en as daar
nie werklike verandering gaan kom nie – gaan dit die tipe ma wees wat sy gaan
word en so bou ons maar aan hierdie vicious
circle! Belangrike les om te leer – Prinses - werk daaraan om aan die
binnekant meer "mooi" te wees as die buitekant. As 'n meisie gaan jy
baie hoor van jou uiterlike skoonheid en hoe om dit te versterk. Daar is niks
verkeerd om lief te wees vir skoonheidsprodukte en mooi klere nie, maar
spandeer soveel energie aan jou innerlike skoonheid as wat jy aan jou uiterlike
voorkoms doen. Eers wanneer jy jouself ken en liefhet, sal jy werklik mooi
voel. Daai skoonheid weeg soveel meer as net ‘n mooi gesiggie!
Jy moet jouself eers liefhê. Dit begin
alles met kennis, agting vir jouself. Dit is die basis van jou toekomstige
verhoudings, werk, stokperdjies en avonture. En as jy ooit vergeet hoekom jy so
‘n liefde waardig is, vra my net, en ek gee jou graag 1000 redes.
Pappa’s hou nie net die kar se sleutels, garage se sleutels en elke liewe ander
sleutel van die huis iewers aan ‘n bos nie – maar pa’s hou ook die sleutels tot
sy dogter se vroulike identiteit, haar gevoel van eiewaarde en haar toekomstige
verhoudings. Diep. Hulle sê (ai – alweer die HULLE) – maar hulle sê – as jy
vlak is, is alles diep. Maar hierdie is diep sonder dat ek vlak hoef te wees –
JY Pappa – hou daai belangrike sleutel, haar gevoel van eiewaarde en haar
toekomstige verhoudings in jou hande. Jou bevestiging, of die gebrek daaraan,
speel ‘n groot rol in elke aspek van haar lewe, selfs haar keuse van 'n
huweliksmaat word daardeur beïnvloed.
Net soos mamma iewers in die huis ‘n
wegsteekplekkie het vir iets spesiaals, of lekkers (?) – net so is daar ‘n
plekkie in elke vrouskpesel se siel wat vir ‘n Pa gereserveer is, wat altyd sal
smag na bevestiging. Elkeen is anders, maar ek dink ek kan met absolute
sekerheid sê - elke meisie begeer daardie hegte band met haar Pa. Sy sal altyd
so voel – behalwe as jy haar teleurstel. Sy sal – sonder dat sy dit besef -
alle mans deur die lens van daardie verhouding sien. En raai wat Mamma –
hierdie is een ding wat julle as mamma’s nie kan doen nie – julle kan NIE daai
spasie vul nie. Mamma’s kan nie Pappa’s wees nie en Pappa’s kan nie Mamma’s
wees nie.
En jammer – maar dis ‘n feit soos ‘n koei,
en die wat wil klippe optel moet maar so doen – want die hartseer waarheid is –
same-sex marriages is nie gesond vir
kinders om in groot te word nie nog minder huise met afwesige pa’s – want jy
maak jou kind met ‘n leemte groot. Gee net net ‘n oomblik – ek wil net gou van
my soapbox
af klim. (Smile and Wave!) Dankie
dames en here!
Angelina
Jolie (Maleficent) het iets waars gesê – sy het gesê: “Evil queens are the princesses that were never saved.” Is jy dan
die koning en sy jou prinses…of gaan jy toelaat dat jou dogter ‘n wêreldse
prinses word sonder enige kroon of koninkryk…..Dis tough ouens, ek weet. En dit word nie makliker nie. Maar ek fail eerder en probeer harder tot ek dit
amper reg kry, as wat ek net opgee sonder om te probeer. Van Disney prinsesse
kan jy my niks vertel nie – maar ek is trots op my prinsesse want hulle is hulself,
uniek, rulers of hearts en ek sal
elke dag met trots hulle krone op hulle koppe sit. Hulle is nie Disney
prinsesse nie – hulle is MY prinsesse.
Volgende week is die vra ek die vraag - Wêreldse reël of jou reëls?
Dad Joke vir die week: Did you hear about the restaurant on the moon? Great food, no atmosphere!
Tot
volgende week.

Dankie dat jy jou dogters so mooi groot gemaak het. Ek is baie trots op hulle en op julle as ouers.
ReplyDeleteBaie, baie dankie!
DeleteEk is ongelukkig bietjie agter met die "episodes" of Uitgawes ( hoe sê mens :) ? ) maar ek maak tyd om op te vang want ek geniet dit regtig , veral as ook 'n pa van 'n dogter . Moet sê , hierdie een was een van my gunstelinge !
ReplyDelete1000 dankies! Lees gerus voort!
Delete