Week 10 - Los jy 'n legacy of net letsels?
Week 10: Gaan jy ‘n legacy los of net letsels? ‘n Legacy word omskryf as: “ the long-lasting impact of particular events, actions, etc. that took place in the past, or of a person’s life .” Vir al die Afrikaanse lesers: "die langdurige impak van bepaalde gebeure, aksies, ens. wat in die verlede plaasgevind het, of van 'n persoon se lewe." Langdurige impak? Dus is dit iets wat bly lank nadat jy nie meer daar is nie. Iets wat jy gedoen het, iets wat jy gesê het…….maar positief. Ek vind dit interessant dat die woord positief nie in die definisie ingesluit word nie, want dit moet egter positief wees. Hier in ons geweste (inteendeel – reg oor ons mooie land) is daar ‘n baie bekende restaurant-groep – die een met die Indiaan met al die Indaanse tribe name. Nog nooit het ek van hierdie plek gehou nie – vandat die eerste een hier in onse dorpie oopgemaak het tot op hede. Ek kon net nie ‘n vatplek kry aan die eetplekkie nie of dit nou hier in Randfontein, Key We...