Week 9 - Staan jy op die kantlyn of by die wenstreep?
Week 9: Staan jy op die kantlyn of
by die wenstreep?
Die week vra ek die vraag – staan jy op die kantlyn of by die wenstreep?
Weereens mag dit op die oog af lyk of dit ‘n dom vraag is, want ondersteuning
is mos belangrik ongeag waar jy staan….maar ek wil sê – Nee – dit doen nie. Kom
ek probeer hierdie verduidelik.
Dit
gaan glad nie oor perspektief nie – beslis nie jou eie perspektief nie. My
oudste was as klein dogtertjie verskriklik skaam. So by so dat sy nie eens in
‘n vertrek kon instap waar daar meer as twee mense in die vertrek was nie.
Doodskaam. (As jy ooit wonder wat die intensiewe vorm van ‘n woord is sit net DOOD vooraan – dit
werk meeste van die tyd! J) Pynlik skaam (as dood nou nie meer werk
nie!). Om dinge te vererger het van ons beste vriende ‘n tweeling wat dieselfde
ouderdom is as Caitlin. As hulle by ons kom kuier het was dit nag – Caitlin het
die berge in gevlug (met berge bedoel ek haar kamer), seker gemaak die ganghek
is gesluit, die honde is by haar, die panic
button is binne bereik en haar ouma se nommer op speed dial en dan seker gemaak sy is onbereikbaar deur die
tweeling. Ek weet nie of die dubbel-beeld haar heeltemal ge-confokulate het nie – maar sy het die
besoek van die dubeeldoor seuns verafsku, gevrees! Ek moet darem sê hulle is
almal vandag beste van vriende – maar dit was ‘n proses waardeur ons mos gaan.
Een wat ek nie werklik verstaan het nie. Tog het ons nooit iets daarvan gemaak
nie – beslis nie genormaliseer nie, maar dit hanteer op ‘n manier wat sy moes
verstaan dat haar optrede het ook gevolge. Moeilik om dit vir ‘n 5, 6-jarige te
verduidelik. Die jongste het darem glad nie daardie probleem gehad nie – sy was
van kleins af lief vir almal – ek bedoel ALMAL – dis sou dus maklik wees om
haar te verkwansel of verkoop of sommer net weg te gee s sy my te veel grys
hare gegee het want sy sou na enige persoon toe gaan – niks skaam nie - so dit
was ‘n probleem op sy eie maar makliker hanteerbaar.
Met die skaamheid van my oudste het ons gesit en groot-skool het soos ‘n
berg voor ons gelê. Soos in vorige posts
genoem was dit vir my belangrik om my kinders aan alles bloot te stel – beproef
alles en behou die goeie, maar hoe kry jy ‘n skaam dogtertjie om deel te
neem…..hier het ek my plek op die kantlyn ingeneem en my kind deur alles
ondersteun. Haar hard toegejuig ongeag die uitkoms of die vlak van sukses. My
beskouing van sukses het toe sommer vroeg verander - Sukses het ek toe beskou
as die feit dat sy deelneem en dinge doen. Langs die netbalbaan, by elke
Eisteddfod, elke modelkompetisie – 100% ondersteun van die kantlyn af……en daar
was ‘n duidelike verandering in haar optrede gewees. Dit was duidelik dat die
ondersteuning van die kantlyn af haar confidence
ge-boost het…..tot die penny by my gedrop het. Solank as wat ek van die
kantlyn af ondersteun – skep ek ‘n veilige hawe waarbinne sy kan funskioneer
met net genoeg om dit wat sy glo haar beste is te bereik…en dit is genoeg. Maar
toe neem ek my plek by die wenstreep in – nie om my kind te druk om die beste
te wees, die wenner, die nommer 1 nie…maar sodat haar perspektief kan verander
sodat sy weet ek ondersteun haar nie net nie – maar ek het genoeg geloof in
haar om by die wenstreep vir haar te wag. Skielik verander haar perspektief van
“My beste is genoeg” na ‘n perspektief van “Ek het soveel meer in my as net my
beste”...En met daardie approach het
ons altwee ons kinders regdeur skool ondersteun vanaf die wenstreep. Baie kere
het hulle eerste of tweede oor daardie wenstreep gekom – soms heel laaste –
maar nooit ooit het hulle opgegee nie en nooit ooit het hulle gevoel hulle kan
nie, of dis ontmoontlik of hulle is bang nie. Want as die negatiewe gedagtes
gekom het kon hulle net vorentoe kyk en weet ons wag daar…….nogals ‘n Bybelse
waarheid wat ons deel van ons lewens kon maak. Die bekende vers in Fil 3:14 maak dan ewe skielik soveel
meer sin.
Kyk – dis maklik om van die kantlyn af te cheer en support (Veral as
onse tax geldjies jou sponsor nê Mama Joy?! Dankie Oom Gayton
- jy maak mooi!) En as dinge nie jou way gaan nie is dit maklik om weg te
stap. Dit opsigself is seker ook maar ‘n siekte van ons tyd – al hierdie Facebook-warriors wat van die kantlyn af
kommentaar lewer en kritiseer. Vinnig is om sleg te sê, foute uit te wys en af
te breek, maar nooit die moed en manhaftigheid het om op te staan, moue op te
rol en die probeem aan te pak en op te los nie…..Angry….comment…..post!
Ek sit een keer in ‘n dissiplinêre verhoor van ‘n Graad 8 dogter. Haar
hele houding is vyandig en aanvallend. Sy is verslons, slordig. Haar gesig
emosieloos, maar haar oë uittartend en uitdagend. Op grond van die aanklagte
teen haar is dit half ‘n uitgemaakte saak dat hierdie dogter maar ‘n ander
skool sal moet gaan soek om haar skoolloopbaan by te gaan klaar maak. Nou kyk –
ons uitgangspunt was nog altyd dat niemand nie gered kan word nie, kinders se
belange eerste – MAAR – en dis ‘n groot MAAR - soms is die probleel so groot
dat jy nie oor die hulpbronne en vaardighede beskik om van hulp te wees nie en
dan moet jy maar moeilike besluite maak. In die skool se balng – die ander 1500
leerders en hulle ouers se belange. Die dogter sit daar sonder ‘n ouer om haar
te verteenwoordig – en gevolglik moet een van die onderwyseresse haar bystaan.
Die vrae aan haar word goed en berekend beantwoord – die kind is intelligent al
wys haar rapport dit nie…steeds uitdagend met ‘n houding van “Wat gaan jy aan my doen” beantwoord sy
alles wat ek vra. Ons kom nêrens nie…. Ek probeer vrae vra oor haar huislike
omstandighede – sy antwoord hierdie vrae ontduikend, vaag, klinies en
koud. Duidelik dat sy hierdie topic wil vermy. Ek sit en dink – laat
die ander lede van die paneel vrae vra. Maak steeds geen vordering nie. Good cop / bad cop werk nie. Almal praat
hard, maar hoe harder die woorde hoe meer onttrek sy. Ek kom terug met nog
vrae….”Hoekom is jou ma nie hier vanaand nie?” Vir die eerste keer versag haar
gesig, sak haar kop, prewel iets wat ek nie duidelik kan hoor nie. “Dink jy jou
ma sal trots wees op jou optrede?” vra ek weer……stilte. Haar lip begin bewe en
ek besef ek het ‘n baie teer punt aangeraak. “As jy jou ma was – sou jy trots
wees op jou?” Geen antwoord….net die lip wat bewe. “As jy eendag ‘n dogter het
– sal jy wil hê sy moet optree soos wat jy gedoen het?” My laaste vraag want sy
antwoord saggies – “My dogter sal dit ne doen nie want sy al nie nodig hê om
aandag te soek nie.” Toe begin die trane oor haar wang rol en ek besef hier is
iets groters aan die gang as waarop ek ge-bargain
het. Sy word verdaag sodat ons kan beraadslaag en die aanvanklike plan van
moontlike skorsing word vervang met ‘n lys sanksies. Een daarvan ‘n 1000 woorde
opstel waarin sy moet beskryf - ‘Wat is my drome?” Verduidelik haar wat aan
gebeur, die sanksie om die skoolsielkundige te ontmoet, hulp wat aangebeid
word, oop deur van die onderwyserres wat haar bygestaan het. Ek los haar met
die woorde…..glo in jouself en maak jouself trots – jy is spesiaal.
Twee weke later ontvang ek die opstel van die kind en ek voel hoe ek
amper binne in my doodgaan. Nie eens die T20 Wêreldbekerfinaal se verloor was
so pynlik soos wat ek daardie dag gevoel het nie – Om te lees hoe hierdie kind
uitroep na positiewe aandag, ‘n betrokke ouer wat haar ondersteun, wat
belangstel, belangstel in haar, wat saam met haar kan droom en haar kan laat
glo sy is goed genoeg. Die moeilike huislike omstandighede word in detail
beskryf maar het geen impak op die kind nie want haar skaamte vir haar
ostandighede is so ver verberg onder die desperate hoop van geloof in haar. So
beskryf duidelik hoe sy dinge doen in die hoop dat sy ge-notice word. Wat elke dag haar kop moet optel en haar self moet
oortuig sy is nie so sleg soos wat sy gesê word sy is nie. En ek wens ek kon
iets doen om hierdie kind se seer beter te maak…bietjie tyd rewind en haar ouers net as ‘n begin
langs die kantlyn kry en hulle wenstreep toe skuif net tot hierdie kind okay is
– maar ek kan nie. Tog het ons aksies tot gevolg gehad dat hierdie kind se
padjie ‘n ander rigting inslaan. ‘n Onderwyseres wat bemoeienis het met die
kind, die kind betrokke maak, in die kind glo. Vier jaar later sien ek die kind
weer by die skool se prysuitdeling….sy lyk netjies, goed versorg, ligter, ere-kleure-baadjie
aan. Die teenoorgestelde van die uitdagende Graad 8 kind wat voor my gesit het.
En ek wonder – wat sou gebeur het as ons net opgegee het. As ons van die
kantlyn af gesit het en gekritiseer het, uitegskop het en ‘n oordeeel gefel
het? Sien hierdie kind se ouers nou raak wat sy werklik in haar het? Is hulle
nou trots op haar? Dankbaar vir ‘n onderwyserres wat die verskil kon maak –
maar dit is nie onderwysers se plig nie…..Jy as ouer moet daardie rol speel –
jy moet cheer en support en motiveer en glo. Ek weet nie wat in haar lewe aangaan
nie – maar iets het in die kind se lewe verander omdat ons ons posisie geskuif
van die kantlyn af na die wenstreep toe…..en sy is maar een. Daar is soveel
kinders daarbuite wat struggle omdat
hulle toeskouers hulle van die kantlyn af kritiseer en slegs toekyk….maar as
hulle almal hulle energie vat en by die wenstreep gaan staan…..well – different story.
My kinders kan dalk – heel moontlik – op baie foute wys wat ons as ouers
gemaak het soos byvoorbeeld die smaak in uitrustings waarmee ons hulle die
openbaar in gestuur het, Facebook posts
met foto’s wat baie onvleiend is en nog vele meer – maar my kinders kan nooit
sê dat hulle eenkeer opgekyk het en nie hulle ouers by die wenstreep gesien het
wat vir hulle wag nie. So verander jy net bietjie jou perspektief…..hou op van
die kantlyn af cheer / skree /
kritiseer en skuif na die wenstreep toe – sodat jou kind se uitkyk van wat
hulle dink hulle beste is verander na wat hulle volle potensiaal is.
Volgende week – Week 10: Gaan jy ‘n legacy
los of net letsels?
Dad joke vir die week: - What's brown and sticky? A stick!
Tot volgende week

Comments
Post a Comment