Week 10 - Los jy 'n legacy of net letsels?

 


Week 10: Gaan jy ‘n legacy los of net letsels?

 

 

‘n Legacy word omskryf as: “the long-lasting impact of particular events, actions, etc. that took place in the past, or of a person’s life.” Vir al die Afrikaanse lesers: "die langdurige impak van bepaalde gebeure, aksies, ens. wat in die verlede plaasgevind het, of van 'n persoon se lewe."

Langdurige impak? Dus is dit iets wat bly lank nadat jy nie meer daar is nie. Iets wat jy gedoen het, iets wat jy gesê het…….maar positief. Ek vind dit interessant dat die woord positief nie in die definisie ingesluit word nie, want dit moet egter positief wees.

Hier in ons geweste (inteendeel – reg oor ons mooie land) is daar ‘n baie bekende restaurant-groep – die een met die Indiaan met al die Indaanse tribe name. Nog nooit het ek van hierdie plek gehou nie – vandat die eerste een hier in onse dorpie oopgemaak het tot op hede. Ek kon net nie ‘n vatplek kry aan die eetplekkie nie of dit nou hier in Randfontein, Key West, Monte Casino of V&A Waterfront is…hulle almal is vir my same-same. My kinders aan die ander kant - dis die beste ding ooit na wi-fi. So vir hulle is dit ‘n groot treat – veral nou in hulle studentejare met die alombekende Student Specials…maar steeds like ek nie die plek nie – so ek gaan onder dwang as ons soontoe gaan. Hoekom? Want dis vir HULLE lekker – dis vir hulle belangrik. Eet lekker en hier is ‘n R50 vouchertjie vir jou (Sê ek met my beste Johhan Stemmet impersonation) Ek deel hierdie want eendag as ek oud is of nie meer hier is nie – en my kinders vat hulle kinders soontoe vir ‘n uiteet of partytjie – wil ek hê hulle moet onthou – my pa het my gereeld hierheen gebring want dit was vir ONS lekker….legacy? Ek kon voet-by-stuk gehou het en geweier het om my voete daar te sit en dan letsels gelos het by my kinders – want dan sou hulle dalk die plek gehaat het omdat dit goor memories was. ‘n Goor smaak gelaat het soos slap chips wat in vuil olie gebak is…….Simpel voorbeeld miskien – maar ek dink dit bewys duidelik hoe ons eenvoudige optrede en besluite daartoe bydra hoe ons kinders dinge ervaar en beleef…So elke optrede moet bydra tot die legacy wat jy wil agterlaat.

Hoeveel van ons kom nie nou agter dat as ons ons monde oor iets oopmaak kom ons ma’s of pa’s uit nie? Dinge wat hulle altyd gesê het of gedoen het……Soms het ons net ons oë gerol (soos dit ‘n behoorlike tiener betaam) of net geignoreer omdat dit op daardie stadium irrelevant was. Maar nou dat ons ons eie kinders het besef ons dit was pêrels van wysheid…..legacies wat ons wil voort sit. Maar die legacies is dikwels soveel minder as die letsels wat ons agterlaat. Soms onwetend. Soms oorweldigend. Soms met ‘n baie duur prys. Ons staan verbaas as ons tot die besef kom of hoor – met watter baggage ons kinders deur die lewe gaan – sonder om te besef dat ons self daardie tassies vol gepak het.

In die skole sien jy dit time-and-again…..klein kindertjies wat blootgestel word aan dinge wat hulle klein ogies nie moet sien nie…en dit word genormaliseer. So verduidelik my hoe dit alright is dat ‘n 10-jarige by die skool opgetel word deur ‘n besope ma, wat met ‘n rewolver in die kar rond ry want “as mamma so is skiet sy op pappa”. Hoe is dit alright dat die skool ‘n kind moet beskerm omdat “pappa” dink dis snaaks om die kind pimpel-en-pers te slaan omdat hy sy skooltrui verloor het? Hoe is dit alright dat kinders in die hand-me-outs-ry moet staan omdat “mamma” al die geld gebruik het vir haar daaglikse kick? Hoekom is dit alright dat kinders se boeke nie oorgetrek is nie, hulle nie warm skoolklere het nie, geen stationery het nie omdat ma en pa net eenvoudig nie worry nie? Hoe het ons hier gekom? Besef jy watter letsels jy los? Daardie vernedering om nie deel te kan wees van iets nie, gespot te word vir iets wat jou ouers nalaat om te doen, bak-hande te gaan staan vir kos omdat jou ouers se prioriteite nie reg is nie? Hoe moet jou kind sy beste gee as jy liewe ouer – afwesig is? Afwesig op die kantlyn of by die wenstreep? Hoe moet boeta of sussa hul heel beste gee as jy nie dieselfde doen nie…..Letsels of legacy?

Ek wil nie – nee – ek GAAN nie politiek praat nie maar kyk watter letsel sekere besluite en optrede in die verlede ons land mee agtergelaat het. Geen legacy nie….die haat en nyd het diep, diep letsels gelaat wat geen nasiebou gaan uitwis nie, maar ons is gebore vir nou – ‘n tyd om ‘n ware legacy te laat en dit begin by ons met ons kinders. Wat jy sê en wat jy doen is nou belangriker as ooit.

Eendag wil ek graag hê my kinders moet my “wyse” woorde onthou en dit met hulle kinders deel, ek wil hê my kinders moet die vakansies onthou wat ons saam deurgebring het – nie oor die plekke waar ons was of die dinge wat ons gedoen het nie – maar omdat ek present was en dit onvergeetlik was. Ek wil ‘n lewe leef wat prysenswaardig is – een waarop my kinders met trots kan terugkyk. Ek wil ‘n legacy los…..en as ek gefouteer het en woorde gesê het wat seergemaak het – moet ek mans genoeg wees om dit te erken en te apologise….as ek nagelaat het om iets te doen -  dan moet ek uit my pad uit gaan en dit reg maak! Toe ek jonk was (BAIE JONK) was daar ‘n advertensie op tv van pleisters op. Die dogtertjie se knieë was nerf af geval en die mamma het ‘n pleister opgeplak en na ‘n paar dae as die pleister afkom het die dogtertjie gesê: “Hey – where did the cut go?” (Kyk die advertensie het natuurlik gelei tot ongevraagde grappietjies but hey – dis mos maar nou ons nasie daai!) Maar ons optrede moet so wees….as ons seer gemaak het moet ons optrede die pleister wees wat gesond maak…mooi maak….geen letsels laat nie en dan – dan lewe jy om ‘n legacy te los. Nie vir eer en medaljes en DAD OF THE YEAR sertifikate nie……maar sodat jou kinders daai in hulle kinders kan instill, hulle legacies los en dan, net dan – kan ons begin om ons land te genees, want dit alles begin by die huis. Ons kinders, ons toekoms, ons legacy.

Shannon L Alder (inspirerende skrywer en terapeut) het wyslik gesê: “Carve your name on hearts, not tombstones. A legacy is etched into the minds of others and the stories they share about you.”

Gaan maak mooi.

Volgende week: Week 11: En toe word ons groot.

Dad joke vir die week: Why did the golfer bring two pairs of pants? In case he got a hole in one.

Tot volgende week.

 

Comments

Post a Comment

Popular posts from this blog

What needs to be done?

Week 1 - Ek is 'n pappa van 'n dogtertjie, wat nou?

Week 2 - Die tweede slaggat - wat weet ek nou eintlik van 'n dogtertjie af?