Week 10 - Los jy 'n legacy of net letsels?
Week 10:
Gaan jy ‘n legacy los of net letsels?
‘n Legacy word omskryf as: “the long-lasting impact of particular
events, actions, etc. that took place in the past, or of a person’s life.”
Vir al die Afrikaanse lesers: "die langdurige impak van bepaalde gebeure,
aksies, ens. wat in die verlede plaasgevind het, of van 'n persoon se
lewe."
Langdurige
impak? Dus is dit iets wat bly lank nadat jy nie meer daar is nie. Iets wat jy
gedoen het, iets wat jy gesê het…….maar positief. Ek vind dit interessant dat
die woord positief nie in die definisie ingesluit word nie, want dit moet egter
positief wees.
Hier in
ons geweste (inteendeel – reg oor ons mooie land) is daar ‘n baie bekende
restaurant-groep – die een met die Indiaan met al die Indaanse tribe name. Nog nooit het ek van hierdie
plek gehou nie – vandat die eerste een hier in onse dorpie oopgemaak het tot op
hede. Ek kon net nie ‘n vatplek kry aan die eetplekkie nie of dit nou hier in
Randfontein, Key West, Monte Casino of V&A Waterfront is…hulle almal is vir
my same-same. My kinders aan die
ander kant - dis die beste ding ooit na wi-fi.
So vir hulle is dit ‘n groot treat –
veral nou in hulle studentejare met die alombekende Student Specials…maar steeds like
ek nie die plek nie – so ek gaan onder dwang as ons soontoe gaan. Hoekom? Want
dis vir HULLE lekker – dis vir hulle belangrik. Eet lekker en hier is ‘n R50 vouchertjie
vir jou (Sê ek met my beste Johhan Stemmet impersonation) Ek deel hierdie want
eendag as ek oud is of nie meer hier is nie – en my kinders vat hulle kinders
soontoe vir ‘n uiteet of partytjie – wil ek hê hulle moet onthou – my pa het my
gereeld hierheen gebring want dit was vir ONS lekker….legacy? Ek kon voet-by-stuk gehou het en geweier het om my voete
daar te sit en dan letsels gelos het by my kinders – want dan sou hulle dalk
die plek gehaat het omdat dit goor memories was. ‘n Goor smaak gelaat het soos
slap chips wat in vuil olie gebak
is…….Simpel voorbeeld miskien – maar ek dink dit bewys duidelik hoe ons
eenvoudige optrede en besluite daartoe bydra hoe ons kinders dinge ervaar en
beleef…So elke optrede moet bydra tot die legacy
wat jy wil agterlaat.
Hoeveel
van ons kom nie nou agter dat as ons ons monde oor iets oopmaak kom ons ma’s of
pa’s uit nie? Dinge wat hulle altyd gesê het of gedoen het……Soms het ons net
ons oë gerol (soos dit ‘n behoorlike tiener betaam) of net geignoreer omdat dit
op daardie stadium irrelevant was. Maar nou dat ons ons eie kinders het besef ons
dit was pêrels van wysheid…..legacies
wat ons wil voort sit. Maar die legacies
is dikwels soveel minder as die letsels wat ons agterlaat. Soms onwetend. Soms
oorweldigend. Soms met ‘n baie duur prys. Ons staan verbaas as ons tot die
besef kom of hoor – met watter baggage
ons kinders deur die lewe gaan – sonder om te besef dat ons self daardie
tassies vol gepak het.
In die
skole sien jy dit time-and-again…..klein
kindertjies wat blootgestel word aan dinge wat hulle klein ogies nie moet sien
nie…en dit word genormaliseer. So verduidelik my hoe dit alright is dat ‘n 10-jarige by die skool opgetel word deur ‘n
besope ma, wat met ‘n rewolver in die kar rond ry want “as mamma so is skiet sy
op pappa”. Hoe is dit alright dat die
skool ‘n kind moet beskerm omdat “pappa” dink dis snaaks om die kind
pimpel-en-pers te slaan omdat hy sy skooltrui verloor het? Hoe is dit alright dat kinders in die hand-me-outs-ry moet staan omdat “mamma”
al die geld gebruik het vir haar daaglikse kick?
Hoekom is dit alright dat kinders se
boeke nie oorgetrek is nie, hulle nie warm skoolklere het nie, geen stationery het nie omdat ma en pa net
eenvoudig nie worry nie? Hoe het ons
hier gekom? Besef jy watter letsels jy los? Daardie vernedering om nie deel te
kan wees van iets nie, gespot te word vir iets wat jou ouers nalaat om te doen,
bak-hande te gaan staan vir kos omdat jou ouers se prioriteite nie reg is nie?
Hoe moet jou kind sy beste gee as jy liewe ouer – afwesig is? Afwesig op die
kantlyn of by die wenstreep? Hoe moet boeta of sussa hul heel beste gee as jy
nie dieselfde doen nie…..Letsels of legacy?
Ek wil
nie – nee – ek GAAN nie politiek praat nie maar kyk watter letsel sekere
besluite en optrede in die verlede ons land mee agtergelaat het. Geen legacy nie….die haat en nyd het diep,
diep letsels gelaat wat geen nasiebou gaan uitwis nie, maar ons is gebore vir
nou – ‘n tyd om ‘n ware legacy te
laat en dit begin by ons met ons kinders. Wat jy sê en wat jy doen is nou
belangriker as ooit.
Eendag
wil ek graag hê my kinders moet my “wyse” woorde onthou en dit met hulle
kinders deel, ek wil hê my kinders moet die vakansies onthou wat ons saam
deurgebring het – nie oor die plekke waar ons was of die dinge wat ons gedoen
het nie – maar omdat ek present was
en dit onvergeetlik was. Ek wil ‘n lewe leef wat prysenswaardig is – een waarop
my kinders met trots kan terugkyk. Ek wil ‘n legacy
los…..en as ek gefouteer het en woorde gesê het wat seergemaak het – moet ek
mans genoeg wees om dit te erken en te apologise….as
ek nagelaat het om iets te doen - dan
moet ek uit my pad uit gaan en dit reg maak! Toe ek jonk was (BAIE JONK) was
daar ‘n advertensie op tv van pleisters op. Die dogtertjie se knieë was nerf af
geval en die mamma het ‘n pleister opgeplak en na ‘n paar dae as die pleister
afkom het die dogtertjie gesê: “Hey –
where did the cut go?” (Kyk die advertensie het natuurlik gelei tot ongevraagde
grappietjies but hey – dis mos maar
nou ons nasie daai!) Maar ons optrede moet so wees….as ons seer gemaak het moet
ons optrede die pleister wees wat gesond maak…mooi maak….geen letsels laat nie
en dan – dan lewe jy om ‘n legacy te
los. Nie vir eer en medaljes en DAD OF
THE YEAR sertifikate nie……maar sodat jou kinders daai in hulle kinders kan instill, hulle legacies los en dan, net dan – kan ons begin om ons land te genees,
want dit alles begin by die huis. Ons kinders, ons toekoms, ons legacy.
Shannon
L Alder (inspirerende skrywer en terapeut) het wyslik gesê: “Carve your name on hearts, not tombstones. A
legacy is etched into the minds of others and the stories they share about you.”
Gaan
maak mooi.
Volgende week: Week 11: En toe word ons groot.
Dad joke vir die week: Why did the golfer bring two pairs of pants? In case he got a hole in
one.
Tot volgende week.

Ja dit is baie waar
ReplyDelete