Week 7 - As die katte se kloue uitkom
Week 7: As die katte se kloue
uitkom.
“Never
let a problem to be solved become more important than a person to be loved”
Aldus Leo F Buscaglia. Oom Leo het seker nie twee dogter gehad nie. Toe hulle
kleuters was het my twee baie baklei….laerskool was erger….hoërskool nog erger.
Ek het op ‘n punt gekom waar ek gewonder het of dit ooit gaan ophou en telke
male het ek net in stilte gedink – slat mekaar dood want ek weet nie meer
nie!! Gelukkig het hulle dit nie gedoen nie, maar dit het nie gekeer dat ek
soms self die idee tot uitvoering wou bring nie.
Soos
meeste ander mense hou ek nie baie van konflik nie. Ek het nie rerig groot
geword in ‘n huis waar ek geleer is hoe om konflik te hanteer nie. So
noodgedwonge – het ek onttrek. Uit die situasie uit, uit die omstandighede uit,
van mense af…..die stilte in. In die stilte kon ek dinge in my kop probeer
uiteredeneer, probeer sin maak van wat gebeur het, myself oortuig dat alles
okay gaan wees…..vrede gesoek. Needless
to say – die oomblik as ek konflik ervaar onttrek ek onmiddelik. Na jare se
leer en probeer het ek aansienlik beter geraak daarmee – en kan ek dit vandag
op ‘n gesonde manier hanteer, maar heel dikwels is my eerste reaksie steeds
onttrekking – die gewraakte STILSTUIPE! Not
very good – ek weet en ek werk daaraan – maar tog soms baie effektief. My
twee dogters sal met absolute eerlikheid beaam dat hul veel eerder verkies om
verskree en verslaan te word as Pappa wat hulle met stilstuipe behadel – diè
straf is vir hulle een te veel.
Maar
die konflik tussen twee sussies bewys net weereens dat ‘n saak altyd drie kante
het. En hier rig ek ‘n vriendelike waarskuwing – DO NOT CHOOSE SIDES! Dis ‘n TRAP!!!!
Want as jy een se kant kies dan hou die ander een die troefkaart wat time and again teen jou gebruik gaan
word! Met die eerste geleentheid wat homself voordoen gaan jy hoor – “Julle vat
mos altyd haar kant!” of “Dis mos omdat sy die gunsteling kind is” en kyk – dan
is Pappa se moermetertjie onmiddelik in die rooi gedruk en dan ontplof ‘n vars
pot konflik! Wat die situasie erger maak is dat hierdie oënskynlike ligtelike
onderonsie eintlik sy oorsprong in iets heel anders het as waaroor nou eintlik
aan’t baklei is. Een ding wat ek wel my kinders probeer leer het is – Speel die
bal – nie die speler nie – maar dis makliker gesê as gedoen want as ‘n rusie
losbreek dan speel ons enige iets wat in die pad kom, en dan word enige iets ‘n
wapen…’n kussing, ‘n skoen, ‘n ketel, ‘n hond……oorlog bars behoorlik los. Gooi
in die mix twee drama queens, die vermoë om te kan redeneer en debateer en ‘n goeie
dosis hardkoppigheid en nie eens die United
Nations gaan vrede in die situasie kan bring nie.
En dan
baklei hulle nog oor ‘n pot ……snert! Wie het wie se klere gevat, of speelgoed,
of pen…..Wie se opinie oor iets weeg swaarder…….wat die uitkoms van ‘n bepaalde
sitasie moes gewees het….en nie een wil ingee nie want elkeen wil die laaste
woord inkry. Van kleins af – jy kan dreig dat hulle moet stop – soos Mollie en
Wors skree “Shut up jy” “Nee, shut up jy” “Shut up julle almal” maar die laaste woord wil die twee madams inkry…..so geen hoeveelheid “shut ups” kan die saak beredder nie.
Siblings gaan baklei – daar is niks wat jy daaraan kan
doen nie. Jy kan hulle nie in watte toedraai nie, want hulle moet op hulle eie
voetjies kan staan daar in die wrede wêreld daarbuite!! Hulle moet boldness hê om op te kan staan vir dit
waarin hulle glo. So as die sussies lostrek en baklei en dis net spoeg en snot
en trane…..kners op jou tande en los hulle dat hulle dit uitwoed. Bêre net die
messe en bottels en hou die Ambulans se nommer op speeddial….it is inevitable.
Jy tree slegs in as daar in jou opinie absolute onredelikheid is van een of
beide kante. MOENIE jou opinie afdwing nie – stel vas wat die oorsaak is van
die konflik, assesseer en deel hoe dit JOU laat voel en wat jy beskou as die
regte ding. Ek waarborg ‘n diep sug of twee, oë wat tot heel agter in die koppe
gerol gaan word en daar gaan op tande gebyt word want hulle wag net laat jy
klaar praat sodat hulle die laaste sê kan in kry! JY VAT NIE KANT NIE! Die silwer randjie om
die donker wolk is – die stryery, catfights,
bakleiery gaan aanhou, maar dit raak meer civilized.
En glo dit of te nie – die ge-bakleiery is ‘n bonding mechanism……EN as
jy die volgende kan uitfigure – dan
het jy beslis al ver gekom – Treat kids
fairly – not equally. Om in ‘n
bakleiery in te marsjeer en saam te skree en te baklei het so min waarde soos
Oom Julius en sy rooi mannetjies wat in die parlement tooi-tooi – dit gaan niks
bereik nie – dit skep net meer konflik. Dit help Nêks nie!!
In kort
- 4 basiese stappe om hierdie katgevegte te hanteer – tree in wanneer nodig,
bly kalm, maak 'n tyd om te praat, en pas die gevolge regverdig toe.
Jy kan
die hare in jou ore trim. Die hare in
jou neus trim – maar die hare op jou
tande los jy want jy gaan vir hulle nodig hê!
As ouer
kan jy net JOU heel beste probeer om die bakleiery te beheer, te bedaar en op
te los – geen boek of instansie of resep gaan jou daarteen vrywaar nie….wat wel
belangrik is, is dat jy jou kinders leer hoe hulle hulle issues in die huis hanteer nie dieselfde is van hoe dit daarbuite
in die regte wêreld hanteer moet word nie.
Ek moes al talle kere op my tande kners as die twee baklei, of klappe
uitdeel of woorde sê wat bedoel was om seer te maak, maar stel jou voor hoe
anders die situasies sou gewees het as ek elke keer my aanvanklike instink
gevolg het om in te gryp en probeer het om die probleem met woede, teregwysings
en lesings reg te stel’? As ek nie teruggehou het en gekies het om eerder
empatie te gebruik nie, sou ek heel waarskynlik die situasie vererger het
aangesien hulle elkeen verdedigend sou gewees het oor wat gebeur het en die
fokus sou gewees het op wie reg en wie verkeerd was.
Byt vas
– so lank hulle mekaar nie byt nie, druk deur, so lank hulle nie die witaks uit
mekaar uit druk nie en haal diep asem……this too shall pass! Konflikhantering is
‘n les wat geleer word uit hoe jy en jou vrou konflik hanteer en hoe jy as ouer konflik met ander hanteer.En
natuurlik in die LO handboeke – maar niemand steur hulle aan die inhoud van
daai vak nie – so jammer – dit is jou as ouer se plig. Dalk as ouers dit meer
ernstig opneem sal ons nie nodig hê om campaigns teen abuse te hê nie!
Volgende week in Week 8 is die tema – Dogtertjies word ook groot.
Dad Joke of the week: Sundays are always a little sad,
but the day before is a sadder day
Tot
volgende week!

Comments
Post a Comment