Week 8 - Dogtertjies word ook groot.

 

 


Week 8: Dogtertjies word ook groot.

Manuel Escorcio sing ‘n liedjie met eenvoudige lirieke….eenvoudig – maar as ek die liedjie hoor word my hart baie seer en raak ek mismoedig. Nostalgies. Effens bang. Hartseer

Hy sing:-

“Vissies is maar net soos jy
Swem en speel die tyd verby
Voor hul weet of dit verstaan
Moet hul eendag verder gaan

So word dogtertjies ook groot
Nou sit jy nog op my skoot
Maar daar kom 'n ander tyd
Dan raak ek jou 'n bietjie kwyt.

En dis die realitiet van die lewe. As hulle klein dogtertjies is probeer jy die sterk. slim Pappa wees vir hulle wat alles kan doen, wat vir niks bang is. Op Laerskool is jy hulle hero want jy kan enige probleem oplos. Op hoërskool is jy hulle rots, hulle rigtinggewer….en dan kom universiteit…….en jy is net pappa.

Jy groei saam met jou kinders, soen seer knieë gesond, hou klein handjies styf vas….en soos die tyd verby gaan is daar minder stukkende plekke om gesond te soen en die kans om ‘n hand vas te hou word al minder en minder. En hulle word groter en jou hart word kleiner. Elke foto wat geneem word is ‘n oomblik wat jy haat want jy haat foto’s – maar jy besef dat dit al is wat jy eendag gaan oorhê. Die memories….die spesiale oomblikke saam so jy smile jou mooiste smile, of wees laf in die oomblik want in ‘n oomblik is daardie oomblik verby en dan is dit net ‘n foto…’n memory.

En as jy deur die foto’s browse en jou hart warm word van die goeie tye….besef jy hoe bietjie vir bietjie die afstand groter word….op 6 wil sy basies binne in pappa in klim, handjies styf om die nek…..tot later waar julle net liefdevol bymekaar sit….’n kosbare oomblik van closeness wat net hou tot die foto klaar geneem is…..

Daar is ontelbare foto’s van handjies vashou…..en jy mis dit. En dan verskyn die nuwe foto’s waar iemand anders daai hand vashou…..jou plek op die foto word opgeneem deur iemand anders na wie daar met blink oë gestaar word. Iemand anders het nou die hero geword. Iemand anders is daar om te help om probleme op te los…..en iewers diep binne in jou wens jy, nee hoop jy, jy is nog die rots. Dat niemand anders daardie plekkie kan ineem in hulle prinsesharte nie.

En soos jy besef hulle word nou groot en daar is niks meer wat jy kan doen nie, oorweldig ‘n ander besef jou wat jou platslaan en jou hart uit jou lyf uit ruk……hierdie is die laastes van die laastes. Een van die dae kom hulle vir oulaas huistoe…een van die dae gaan jy wens vir ‘n foto geleentheid. Een van die dae is hulle kamer in die huis permanent leeg….en iewers stap jou klein prinses uit jou lewe uit en stap sy die gangetjie af om die prinses in haar eie lewesverhaal te wees met die prins van haar lewe.

Is dit die regte man? Ek glo so – ons het hard gebid. Maak sy die regte besluite – ek hoop sy – jy het haar mooi geleer. Is haar waardes sterk genoeg om haar sterk te hou – jy vertrou so – want jy het die fondasie goed gelê. Gaan sy okay wees……She is because she is worthy.

En as jy jou deel gedoen het as Pappa, haar haar eie waarde laat besef het, haar reg geleer het, haar bygestaan het en ondersteun het, as jy belê het in haar menswees, as jy haar gehelp het om die mooi binne in haar te koester en te kweek en te laat skyn…..dan weet jy – Jy gaan alright wees. So maak nie saak wat jy doen nie…..maak jou kosbaarste besitting groot sodat sy besef sy is jou kosbaartse besitting. Dalk is ‘n Saterdag langs die netbalbaan vir haar belangriker as ‘jou beplande naweek weg saam met die manne, dalk is 5 minute in die aand op jou skoot vir haar meer belangrik as ‘jou laaste rondte waarookal jy is…..Ek sê dit weer….as hierdie stukkie vreugde aan jou geskenk word – then it is no longer about you. Jy moet sacrifice, jy moet bou en jy moet vorm. Afwesige pa’s loop nie net weg van hul verantwoordelikhede nie, maar hulle skep ‘n leemte en hulle is die skeppers van ‘n bose kringloop wat moeilik gebreek gaan word. En as jy instaan vir ‘n ander man – is jy nie minderwaardig nie – take up your role with grace and be the best you so that she vcan be her best!

 

Ons mans – jong manne, nuwe pappas, toekomstige huweliksmaats….ons het ‘n plig om op te staan en ons plek in te neem as Koning, Priester en Profeet in ons huise en die samelwing. Ons het nodig om Mans te wees na wie ons dogters (en seuns) opsien so that they can aspire to be more….en ons moet bid – hard bid. Nie net vir krag, wysheid, insig en begrip nie….nie net vir genade nie, maar vir al die tools wat ons nodig het om Spreuke 31 vrouens groot te maak:-

'n Knap vrou wat baie werd is, baie meer as edelstene. Een waarop haar man kan steun en die vrugte pluk van haar harde werk…. Haar kinders prys haar, haar man bewonder haar:.. Uiterlike skoonheid hou nie, 'n mooi voorkoms is nie alles nie; as sy die Here dien, dán verdien 'n vrou om geprys te word.

 

Pas jou dogter op, vryf hierdie pêrel blink en koester elke kosbare oomblik saam….and never take anything for granted. 

Hoe gaan daardie bekende quote nouweer? “A daughter may outgrow your lap, but she will never outgrow your heart!

Selah.

Volgende week – Staan jy op die kantlyn of by die wenstreep?

Dad joke vir die week: - What do you call a can opener that doesn't work? A can't opener.

Tot volgende week

 

Comments

Popular posts from this blog

What needs to be done?

Week 1 - Ek is 'n pappa van 'n dogtertjie, wat nou?

Week 2 - Die tweede slaggat - wat weet ek nou eintlik van 'n dogtertjie af?