Week 6 - Kan jy netbal speel met 'n rugbybal?




Kan jy netbal speel met ‘n rugbybal?

 

Odd vraag is dit nie – en die heel waarskynlikste antwoord sal NEE wees. Die vraag is so bietjie irrasioneel want dis nie logies of redelik nie. Tog is dit wat baie ouers probeer doen. Nou nie rerig netbal speel met ‘n rugbybal nie – Duh – maar hulle probeer hard om iets te doen met hul kinders – iets anders as waarvoor hulle ge-design is. Elke liewe een van ons is “Fit for Purpose” geskep – tog is dit asof sommige mense nie worry oor wat hulle purpose is nie, nie wil uitvind nie, sommige weet maar stry daarteen omdat dit nie hulle idee van purpose is nie, ander is net heeltemal ignorant en slegs sommige weet wat hul purpose is. Weet jy wat joune is?

Hartseer om te sien hoeveel ouers hulle eie drome wat nie verwesenlik is nie, probeer waar maak deur hul kinders. Hartseer om te sien hoe sommige ouers eer, status en suskes hoër ag as hul kinders se geluk en balkies najaag. Hartseer hoe sommige ouers net hul kinders los sonder enige drome.

Van kleins af het ons ons kinders aan ALLES laat deelneem…..atletiek, netbal, tennis, hokkie, redenaars, koor, klavier, sang, Kumon en ballet…..ja – letterlik alles. Die eerste reël – Akademie eerste! Ons is deur baie gekritiseer dat ons te veel druk op ons kinders sit, maar vir my was dit ‘n geval van – Beproef alles en behou die goeie. Ek wou my kinders ‘n regverdige kans gee om die dinge te doen waarvan hulle hou, hulle eie besluit. So elimineer jy alles waarin hul geen belangstelling het nie, waarin hulle nie goed is nie en waarvan hulle nie hou nie. Dan los ons hulle om self te kies. Dan die tweede reël – as jy iets kies dan volhard jy en druk deur – jy gee nie halfpad op nie. Hier moes my kinders dan laat gaan wat hulle wil en net fokus op dit wat vir hulle goed is…..

En hier pootjie ons onsself toe want my se kinners besluit toe om alles te behou – behalwe die sport! Nie eintlik juis ‘n surprise vir ons gewees dat sport nie 1ste prioriteit was nie – gemeet aan hulle gesonde lyfies – was dit duidelik dat hulle nie ‘n Zola Budd, Elana Meyer of Irene van Dyk sal wees nie. Tog het dit hulle nie gekeer om te probeer nie en vir dit het ek soveel respek. Netbal gespeel tot in Graad 7 – omdat dit lekker was. Daar was nie onrealistiese ideale oor ‘n toekenning vir Speler van die Wedstryd, of Netbalspeler van die jaar nie  - they did it for the fun of it! Maar waar hulle die goeie moes behou by die ander – het hulle gestick met alles. So by so dat mamma middag na middag soos ‘n mal antie van Punt A tot Punt B moes tekkie om die twee sussies orals af te laai….ure se opoffering om by oefeninge te wees….naweke opgeoffer om te ondersteun, na klavier recitals te luister, kompetisies deur te sit. Dit was tough….dit was baie tough……..maar vandag soos ek hier sit is ek verskriklik dankbaar want 15 jaar se uithou, aanhou, deurdruk, verloor, wen, erkenning, onregverdigheid, lag, huil, sweet, vloek, vernedering, bid, trots, teleurstelling – het iets laat gebeur wat geen skool, onderwyser, vak, terapeut of enige iets of iemand my of my kinders sou kon leer nie.  Ons het geleer:-

·        As jou kinders doen waarvan hulle hou en genoegsame ondersteuning het – gaan hulle wil presteer;

·        Balkies is great en mooi – maar niks het meer waarde as ‘n ondersteunende ouer nie;

·        Verloor gaan jy verloor – jy self besluit hoe jy volgende keer gaan terugkom – Gaan jy terugkom reg om weer te verloor of gaan jy jouself druk om beter te wees?

·        WEN IS NIE ALLES NIE!

·        Jy mag huil as jy verloor – net nie voor jou opponent nie want anders het hy jou 2 keer gewen.

·        Aanvaar jou verloor – moet nie die skeidsregter, ander span of beoordeelaar na die tyd sleg maak of beledig nie;

·        Comments op ‘n sertifikaat is net 1 persoon se opinie….behou die positiewe opbouende kritiek en werk daaraan en ignoreer die negatiewe afbrekende kritiek – it does not define you. Nog minder doen ‘n string balkies, koorde en sertifikate

·        Druk is goed solank jy dit positief en gebalanseerd hou – vandag pluk my kinders die vrugte van ‘n druk program (druk program – nie druk om te presteer nie);

·        Jou beste is goed genoeg vir my

·        Ek sal nooit in woorde kan uitdruk hoe trots jy my gemaak het om deur te druk, op te daag en jou goal te bereik nie.

·        Jy is meer waardevol as al die bekers, medaljes en sertifikate wat jy ooit bymekaargemaak het.

·        Do what you love then you will love what you are doing.

·        Just be you – moenie jouself met ander vergelyk nie – nie eens jou kompetisie nie – wees net ‘n beter jy!

·        Volhard – druk jouself om die hoogste piek te bereik – because by doing that – acquire jy ‘n skill wat jy weer aan ander kan oordra of leer.

 

Ek sit so rukkie gelede by ‘n Nooientjienetbal-en-Welpierugbydag waar talle skole se kleinstes teen mekaar deelneem. Al het ek nie seuntjies nie, is ek deeglik bewus van hoe ‘n groot en passievolle geleentheid Welpie rugby in enige skool is….Pappa’s wat al reeds in hul geestes oë sien hoe Boeta eendag met die Rooi en Wit, of Lig Blou of daai ander snaakse Kaapse spannetjie se kleure uitdraf – hand op die bors - trots…So daaroor sê ek niks….maar mini-netbal! Goeie krisis – watse ontnugtering was dit nie vir my nie!

 

Ek berei my die oggend emosioneel voor vir gillende mamma’s met slippers aan wat op-en-af langs die baan hardloop en vir Poplap aan cheer – maar dit wat ek beleef het was ek nie naastenby voor reg nie. Voor die wedstryd begin is dit pappa wat sussa se bene warm vryf dat sy nie ‘n spier beseer nie, veters vasmaak dat sy nie val nie, juffrou se stratgie override omdat sy startegie in Sussa se kop ingeprent word. Dan blaas die fluitjie en pappa se stem verander van ‘n diep Bourbons Verouderde Whiskey-stem na ‘n pitch 50 decibels hoër as dieselfde fluitjie wat nou-net geblaas het. Pappa klim bo-oor die toeskouers om die beste view van Sussa te kry, haar te herinner aan die strategie en duidelike opdragte te gee van hoe om die vyand te destroy. Ek weet nie meer of ek ‘n netbalwedstryd kyk of die uitdunne van Survivor Seisoen 64 nie! Pappa klim al gillend oor die mense, Red Bull in die een hand, kamera in die ander. Trap-trap waar daar plek is  - een oog op Sussa, die ander oog op die Ref wat dit nie moet waag om Sussa te blaas nie en een of ander versteekte oog wat tergelyke tyd kan sien hoe die opponent ‘n voetfout begaan het, obstruksie gepleeg het, Sussatjie gestamp het en boonop toesien dat niemand enige iets slegs sê van SY Sussatjie nie…en dit alles net na die afskop van die 1ste helfte van die eerste wedstryd van die dag. EN mamma sit rustig langs die veld, al vapend, dalk 1 of 2 calmeds in – seker maar vir pappa se optrede?

 

Respek vir daai Pappa’s want jy is daar – jy gee nie om wie wat sê nie, want die belangrikste persoon op die veld is jou Sussa en jy is PRESENT. Dankie dat jy daar is, Dankie dat jy jou Saterdag opoffer vir iets wat vir haar belangrik is. Dankie dat jy stoele en gazebo’s en coolers die Venter sleepwa en Ouma se rolstoel en die bure se twee honde en 40 sakke inpak, uitpak en oppak al is dit net vir ‘n uur of twee….dankie dat jy bereid is om PA te wees – regardless. En al het Sussa se span verloor – tel jy haar met trots op, vee die trane af en koop ‘n roomys – want volgens jou was Sussa die beste speler op die baan!

 

Ek het miskien nooit langs die Netbalbaan myself (of my naam) verloor nie, maar ek weet ek het nooit my kinders verloor nie! Redenaars, Debat, Klavier, Sang, Kumon, Model, Netbal, Hokkie, Tennis, Eisteddfod……my kinders was 100% committed en is 100% rewarded en ek is meer as 100% trots, want ek het van vroeg af geleer – jy kan nie netbal met ‘n rugybal speel nie – so don’t even try.

Albert Ellis het wyslik gesê:- If something is irrational, that means it won’t work. It’s usually unrealistic!

 

Volgende week se onderwerp – As die katte se kloue uitkom?

Dad Joke vir die week: Why are elevator jokes so classic and good? They work on many levels

 

Tot volgende week.

 

Comments

Popular posts from this blog

What needs to be done?

Week 1 - Ek is 'n pappa van 'n dogtertjie, wat nou?

Week 2 - Die tweede slaggat - wat weet ek nou eintlik van 'n dogtertjie af?