Week 11 - En toe word ons groot...

 


Week 11: En toe word ons groot

Vandag se post voel half-en-half soos ‘n opsomming van week 1 tot 10 – maar ek dink nie daar is genoeg weke in ‘n jaar om te beklemtoon hoe belangrik hierdie is nie – ons optrede – ons vorming van ons kinders en die rol wat ons speel om die groter samelewing te “red” nie

Ai julle -  die joys en trials met die grootmaak van dogters! Christopher Hitchens vang dit so akkuraat vas:- “To be the father of growing daughters is to understand something of what Yeats evokes with his imperishable phrase ‘terrible beauty.’ Nothing can make one so happily exhilarated or so frightened: it’s a solid lesson in the limitations of self to realize that your heart is running around inside someone else’s body."   Kyk, niks, maar niks berei 'n man voor vir die warrelwind journey om te sien hoe sy dogtertjies grootword nie. Een oomblik is hulle klein bondeltjies vreugde wat dink jy is die snaaksste, sterkste en slimste man in die hele, wye wêreld. Die volgende oomblik is hulle tieners wat hul oë vir jou grappies rol en aandring dat jy hulle 'n blok weg van die skool af aflaai om enige sosiale katastrofe te vermy.

Kom ons begin by die vroeë jare. Wanneer hulle kleuters is, word jy 'n kenner in prinses-oorlewering. Ek het mos nou al genoem dat ek kan elke enkele Disney-prinses noem en elke liedjie van "Let It Go" tot "Part of Your World" sing. En glo my, niemand waarsku jou oor al die glitter nie. Dit is soos 'n sparkle plaag wat jou huis binnedring. Dit kom oral - jou klere, jou hare, selfs jou pap. Jy begin aan glitter dink as 'n permanente deel van jou lewe. Saam met die scrunchies, Barbies, Little Ponies en Polly Pockets

Dan kom die skooljare. Die onskuld van laerskool, waar die grootste krisis 'n vermiste plastiek diertjie (Kyk – dit was ‘n groot ding vir my oudste – haar diertjies) of 'n nerf-af knie op die netbalbaan. Maar moenie geflous word nie. Dit is net 'n opwarming vir die werklike uitdagings wat voorlê. Skoolprojekte word gesinsprojekte. My sitkamer het meer kere - as wat ek kan tel - verander in 'n handgemaakte oorlogsone, kompleet met gomgeweerbrande en glitter-ontploffings.

En dan, net wanneer jy dink jy het dinge onder die knie, slaan adolessensie toe. En dan verander die battlefield! Skielik is jou lieflike dogtertjie 'n hormonale orkaan. Die een dag lag en gesels sy met jou, en die volgende dag gee sy jou die gevreedse stilstuipe omdat jy dit gewaag het om te vra hoe haar dag was. Om hierdie “gemoedskommelings” te navigeer, vereis die diplomasie van 'n ….ek weet nie…’n Skoolhoof by ‘n Wildsfeesveiling of Kwaliteitsbeampte by Binnelandsesake en natuurlik die geduld van 'n dominee.

Die modefase (or lack thereof) is nog 'n hindernis. Ek moes die delikate kuns leer om hul uitrustings te komplimenteer sonder om te outyds of clueless te klink. En die hemel behoed jou as jy waag om hul gunsteling handelsmerke deurmekaar te kry! Maar jy weet, vir al die kopkrap-oomblikke, is daar hierdie wonderlike oomblikke van gedeelde lag, diep gesprekke en pure vreugde wat dit alles die moeite werd maak.

Dan praat ek nie eens van die dating fase nie. As pa is dit waar jy werklik jou grys hare verdien. Die nuwe kêrel in haar lewe word onder die loep geneem asof hy vir 'n hoogs geheime regeringspos aansoek doen (Miskien nie in Suid Afrika nie want hier stel hulle moes enige iemand aan wat lyk of hy meer as 30% kennis het!) Jy ontwikkel 'n sesde sintuig om jong rammetjies se nonsens op te spoor en 'n repertoire van intimiderende blikke en pa-grappies wat ontwerp is om die vrees van die Allerhoogste in enige jong vryer te plaas.

Te midde van dit alles, is daar belangrike lesse wat jy moet in ag neem om jou prinsesse (en ook jong prinse) te help grootword en sterk, waardige vroue te wees. Hier is 'n lysie gebaseer op my eie reis:

Nr 1 Rule: Lei deur jou voorbeeld

Uiteindelik spreek jou dade harder as woorde. Wees die persoon wat jy wil hê jou dogters moet word. Wys hulle deur jou gedrag hoe om die lewe se uitdagings met grasie, moed en 'n sin vir humor te navigeer.

Leer selfwaarde en selfvertroue

Maak van kleins af seker jou dogters weet hul waarde hang nie van eksterne validering af nie. Vier hul prestasies, groot of klein, en moedig hulle aan om hul belangstellings met passie na te streef. Wys vir hulle dat hulle enigiets kan bereik waarop hulle van plan is.

Bevorder opvoeding en nuuskierigheid

Kweek 'n liefde vir leer (Easier said than done – maar uiters belangrik). Moedig hulle aan om vrae te vra, nuwe idees te verken, die nuus te lees of te kyk  en om nooit op te hou om kennis te soek nie. Ondersteun hul opvoedkundige pogings en toon opregte belangstelling in hul studies.

Bespreek Finansiële Geletterdheid

Leer hulle vroegtydig die basiese beginsels van geldbestuur. Soos byvoorbeeld – ‘n limit is ‘n limit – NIE ‘n TARGET nie!! Maar leer hulle – of dit nou is om te spaar, om vir 'n nice-to-have of ‘n necessity te spaar en te begroot of om die belangrikheid van finansiële onafhanklikheid te verstaan, hierdie vaardighede is van onskatbare waarde.

Beklemtoon die belangrikheid van vriendelikheid en empatie

Skep die waarde van vriendelikheid in. Leer hulle om almal met respek en empatie te behandel. Dit sluit in die verstaan ​​van verskillende perspektiewe en die beoefening van deernis in hul daaglikse interaksies. Ja – jy is geregtig op jou opinie – maar jou opinie is nie die enigste een wat tel of wat reg is nie.

Moedig Fisiese en Geestesgesondheid aan

Bevorder 'n gebalanseerde leefstyl wat fisieke aktiwiteit, gesonde eetgewoontes en geestelike welstand insluit. Eish – daai een is moeilik as pappa self uitasem is as hy net sy skoenveters vasmaak. Ek draf nie want Spreuke 28:1 sê immers: “Die goddelose hardloop weg al jaag niemand hom nie!” Grappie!!  Leer hulle die belangrikheid van selfversorging en dat hul moet luister na hul liggame en verstand.

Kweek sterk kommunikasievaardighede aan

Moedig oop en eerlike kommunikasie aan. Very important – ek is nie ‘n prater nie en mondelingse kommunikasie is vir my baie moeilik…..ons mans is mos geleer om tough te wees en nie te praat nie – I call BS. As jy tough wil wees – Praat, praat reguit, praat wat jy dink, wat jy voel…..anders betaal jy die prys! Maak seker dat hulle weet dat hulle met enige kwessie na jou toe kan kom sonder vrees vir oordeel. Oefen om aktief te luister (nie net te hoor nie!) en bevestig hul gevoelens.

Kweek 'n sterk gevoel van identiteit en integriteit in

Help hulle om te verstaan ​​hoe belangrik dit is om getrou aan hulself en hul waardes te bly. Leer hulle om op te staan ​​ vir dit waarin hulle glo en om in alle situasies met integriteit op te tree.

Moedig onafhanklikheid aan

Laat hulle toe om besluite te neem en die gevolge in die gesig te staar. Dit bou veerkragtigheid en probleemoplossingsvaardighede. Of dit nou is om hul klere vir die dag te kies of om op buitemuurse aktiwiteite te besluit, laat hulle hul voorkeure verken en die impak van hul keuses verstaan. Ek dink mamma’s sukkel meer met hierdie een maar in ware Frozen styl….Let it go….of eerder – LET THEM GO! Jy weet wat ek bedoel!

Vorm respekvolle verhoudings

Hoe jy hul ma, familielede en selfs vreemdelinge behandel, stel 'n kragtige voorbeeld. Wys hulle hoe 'n respekvolle, ondersteunende verhouding lyk. Dit sal hul verwagtinge vorm oor hoe hulle deur ander behandel moet word.

Maar weet jy wat? Ten spyte van al die uitdagings, bly dit ‘n feit soos ‘n koei (nee Antie – ek het niemad ‘n koei genoem nie!) -  daar is niks soos om 'n pa vir dogters te wees nie. Jy leer om te dans, jy leer om te luister, en jy leer om lief te hê op maniere wat jy nooit gedink het moontlik is nie. En al wys hulle dit dalk nie altyd nie, diep binne, weet hulle dat maak nie saak wat nie, hul pa is altyd daar vir hulle, gereed om wat ook al volgende kom in hierdie mal, opwindende reis van grootword die hoof te bied.

Tot hier was ‘n lang en opwindende reis – vol hoogtepunte en laagtepunte. Baie trane, bid en lag. Altyd vol hoop…..en al word hulle groot – bly hulle jou prinsessies….. Die kamers in die huis is leeg, die stilte in die huis raas soms…..maar tot hier was dit die beste ding in my lewe en ek kan nie wag om te sien wat die toekoms inhou nie…..en al is hulle hoe gelukkig…” my heart still is running around inside someone else’s body!”

Volgende week:  Week 12: Pappa – ek skuif jou nou bietjie agtertoe.

  • Dad joke vir die week: Never hand Princess Elsa a balloon. She’ll just let it go.

Tot volgende week.

 

 

 

 

 

Comments

Popular posts from this blog

What needs to be done?

Week 1 - Ek is 'n pappa van 'n dogtertjie, wat nou?

Week 2 - Die tweede slaggat - wat weet ek nou eintlik van 'n dogtertjie af?