Week 13 - Wat is dit wat gedoen moet word?

 


Week 13: Wat is dit wat gedoen moet word?

 

Madiba het gesê:- “We know what needs to be done – all that is missing is the will to do it!”

So – terug by die begin – wat is dit wat gedoen moet word? Ek het steeds nie die antwoord nie, maar kom ons spreek die spreekwoordelike olifant in die kamer aan —pa-wees, ouer-wees, man-wees is harde werk. Daar is nie ‘n “How to be a Great Dad“- manual nie, geen gebruikersgids nie, en beslis geen "Pa van die Jaar" cheat sheet wat jy van Google af kan trek om vir jou al die antwoorde te gee nie. Maar hier is die deal: of jy nou 'n superheld in 'n suite of die koning van die afstandbeheer is, jou werk gaan veel verder as om die beste steak by die braai te braai of die lekkende kraan reg te maak. Dit gaan daaroor om 'n voorbeeld te stel, 'n lewende, asemhalende bloudruk vir jou kinders om te volg. No pressure - nê?!

Onthou jy die eerste keer toe jy jou kind probeer leer het hoe om fiets te ry? Vir my was dit die mees uitdagende oomblike van my lewe en ek het meer as een Marelize oomblik beleef! En maak nie saak hoe hard jy probeer het om die konsep van balans, trap, draai en kyk probeer verduidelik het nie - hulle was meer geïnteresseerd om uit te vind hoe ver hulle al gillend reguit in die naaste hek, paal of boom kon inploeg as om na jou instruksies te luister. Frustrerend? Beslis! Maar op daardie oomblik, wat saak gemaak het, was nie net om hulle te keer om verwoesting te saai en hulle self af te skryf nie - dit was om vir hulle geduld en deursettingsvermoë te wys en dat die lewe se stampe en stote deel van die journey is.

Jy sien, kinders is soos sponse, maar hulle absorbeer nie net wat jy sê nie - hulle absorbeer wat jy doen. As jou idee van "skoonmaak" is om die sokkies onder die bed te skop, raai wat? Dit is dan ook hulle idee van skoon maak. As jy die ou is wat “dankie” sê vir die waiter, die deur vir ander oophou en erken wanneer jy 'n fout gemaak het (ja, selfs toe jy volgehou het jy het nie aanwysings nodig nie), is jy besig om saadjies van respek, vriendelikheid en nederigheid in jou kinders se gedagtes te plant.

Reality? In vandag se wêreld is die prys hoog. Ons leef in 'n tyd waarin waardes so skaars is soos 'n dad-joke wat almal laat lag. Dit is maklik om te voel jy is man-alleen, een pa in 'n see van geraas en chaos. Tog, hier is die Kinkel - jy is nie sommer enige man nie. Vir jou kinders is jy die wêreld. En die waardes wat jy vandag vestig, is die fondamente waarop hulle môre hul lewens sal bou.

Dink so daaraan: As jy eerlikheid toon, leer jou kinders dat integriteit nie net 'n woord is nie, maar 'n manier van lewe. As jy vir hulle die belangrikheid van empatie wys - of dit nou 'n oor is vir 'n vriend wat in nood is of om 'n buurman te help - leer hulle dat deernis nie 'n swakheid is nie, maar 'n krag. As jy verantwoordelikheid toon, besef hulle dat dade gevolge het, en dat om aanspreeklik te wees nie net is vir wanneer jy per ongeluk die toast verbrand nie.

Ek is seker jy dink: "Maar wat as ek dit opmors?" Goeie nuus: Jy sal. En dis reg. Want selfs in jou foute leer jy jou kinders een van die belangrikste lesse van almal – hoe om foute met grasie te hanteer, daaruit te leer en vorentoe te beweeg.

So, dit is my oproep aan julle, pappas. Wees die voorbeeld wat jou kinders nodig het, nie net om hier en nou te navigeer nie, maar om 'n toekoms te bou wat nie gekenmerk word deur die sosiale ondergang wat ons almal vrees nie. ’n Toekoms waar waardes soos respek, eerlikheid en vriendelikheid nie oorblyfsels van die verlede is nie, maar lewendig en gesond is in die volgende generasie.

 

Die pad vorentoe is lank, en ja, dit is gevul met slaggate, onverwagte ompaaie en af ​​en toe pap wiel. Maar onthou, jy stuur nie net jou eie koers nie - jy lei jou kinders langs hulle s'n. En met die regte voorbeeld, wie weet? Miskien sal jy dit selfs regkry om daardie boom op die volgende fietsrit te ontduik.

Ek glo vas in die woorde van Edward Evert Hale:- “Ek is net een, maar ek is nog steeds een. Ek kan nie alles doen nie, maar ek kon nog steeds iets doen; en omdat ek nie alles kan doen nie, sal ek nie weier om iets te doen wat ek wel kan doen nie.”

Het ek die antwoorde op wat gedoen moet word? Nee.

Maar ek gaan nie ophou probeer om ‘n beter mens te wees nie. Ek gaan nie ophou bid vir my kinders nie. Ek gaan nie ophou bid vir die kinders daarbuite nie. Ek gaan nie ophou bid vir pappa’s om hulle plek op te neem in hulle huise en die samelewing nie. Ek gaan nie ophou bid vir ouers om ware voorbeelde vir hulle kinder te wees nie. Ek gaan nie ophou bid vir pa’s wat ‘n veilige vesting is vir hulle kinders moet wees nie. Ek gaan nie ophou bid dat waardes soos respek, vertoue, liefde, eerlikheid weer hul plek inneem in ons skole nie. Ek gaan nie ophou bid vir onderwysers om met krag en geduld te doen wat hul doen nie en ‘n oormaat empatie te hê vir ons kinders nie.

Mag ek dan ‘n lewe leef soos wat William Wordsworth bedoel het: “Die beste deel van ‘n goeie mens se lewe is sy klein onbenullige, vergete dade van goedheid en liefde.”

Aan my twee – Dankie dat ek julle Pappa mag wees…..you have been such a blessing en ek is so trots op julle.

Aan my beter helfte – Dankie dat jy my heel maak en my maak om beter te wil wees.

Gaan maak mooi mense….dis nou julle tyd!

Dad joke vir die week: Where do rainbows go when they've been bad? To prism, so they have time to reflect on what they've done.

It’s been a pleasure….

 

Comments

Popular posts from this blog

What needs to be done?

Week 1 - Ek is 'n pappa van 'n dogtertjie, wat nou?

Week 2 - Die tweede slaggat - wat weet ek nou eintlik van 'n dogtertjie af?