Week 12 - Pappa ek skuif jou nou 'n bietjie agtertoe.
Week 12: Pappa – ek skuif jou nou bietjie
agtertoe.
Ek het
almal wat lees nou al saam gevat op my journey
van kind groot maak en hopelik het ek ‘n paar lesse gelos wat iemand iewers kan
help. Verlede week het ek geskryf oor dogtertjies wat groot word en die impak
daarvan op jou lewe – maar dit het meer te doen gehad met die besef dat jy net
so lank kan vashou – it is inevitable
– accept it. Ek het gekyk na JOU rol in hulle grootword en die belangrike
rol wat jy speel in hul vorming. Vandeesweek se onderwerp is so bietjie
moeiliker om aan te raak – want ek het nie die antwoord nie, ek weet nie, I just don’t know….
Pappa
was daar met al die eerste mylpale, die eerste woordjies, die eerste tree, die
eerste skooldag, die eerste netbal. Deur elke redenaarstoespraak, elke
Eisteddfod optrede, elka klavier recital.
Deur elke skoolkonsert, revue en toneel. By elke rapport, elke groot event en/of kompetisie. Pappa was daar
toe die lisensies gekry is, die brille gekry is, die eerste bankrekening oop
gemaak is. Pappa was daar met elke seer, elke traan, by die deel van elke
droom. Elke woedeuitbarsting, elke hartseer. Pappa was daar met elke
verjaasrdagkoek, elke verjaarsdagwens. Pappa was daar om saam te bid en in
stilte te kon bid…en dan, wel d an word pappa so bietjie agtertoe geskuif want
Pappa is nou nie meer nodig nie.
Moet my
nie verkeerd vesrtaan nie – jou babies
bly jou babies al is jy 100 en hulle
80 – that will never change. Pappa is
steeds die een na wie toe gehardloop word vir raad, vir bystand, vir iets….but life goes on en klein dogtertjies
word groot en kan aangaan op hul eie sonder dat jy daar is.
Jou
hart voel leeg en die oomblikke wat al jou tyd in beslag geneem het is nou die
dinge wat leemtes los. Die klavier is stil, ure en ure se oefen vir kompetisies
en toesprake skryf is nou net ‘n leë skryfblok op die tafel. Die trofees en
medaljes is die oorblyfsels van optredes. Die boks pleisters in die kas is vol
want daar is nie meer nerf-af knieë nie. En waar jy lewe van oomblik tot
oomblik en met liefde kla oor ‘n oorvol skedule….lewe jy nou van oproep na
oproep. Lewe jy van foto tot foto. Wens jy met alles in jou jy kan tyd vasvang
in ‘n houer en slegs laat gaan as jy reg is…..maar jy kan nie. Die woorde
“Lekker Slaap” of “Goodnight” is ‘n stukkie van jou hart wat jy in woorde
probeer vasvang – volg dit op met ‘n paar emoji’s want jy het nie eintlik ander
woorde om te deel nie, jy kan tik maar jy kan nie druk en voel nie - maar jy wil net meer van jouself gee…..en jy
kan nie….
En more
staan jy op en jy trek ‘n Demi Lee Moore op jouself want jy eet, mis, slaap
herhaal…en jy moet rigtng vind. Jy moet ‘n nuwe ritme vind….jy moet jouself
vind. Al die jare het jy jouself agtertoe geskuif vir hulle – en nou dat hulle
jou so bietjie agtertoe skuif….nou moet jy jouself weer op die voorgrond skuif.
En dis
hier waar jy jouself moet kom vind – van vooraf. Wat is jou belangstellings,
jou liefdes? En hier moet jy jouself laat geld……die fondasie is gelê, jou
kinders is gesort en daar gaan nog
baie mylpale saam beleef word….maar jy kan jouself nie verder agtertoe skuif
nie. Lees. Kry ‘n stokperdjie, oefen, doen Bybelstudie, travel………en tussen deur alles…..do
your bit. Ouens – ons samelewing is besig om te verval…..om skouer aan die
wiel te sit en betrokke te raak, om finansieel te help is maklik, maar dalk moet
ons begin invest in moral support, begin om uit ons pad uit
te gaan om respekvol te wees teenoor almal – in die openbaar, op sosiale
platforms. Probeer harder om ‘n gehoorsame burger te wees, kom die padreëls na.
Respekteer die reëls van instansies en organisasies en hou daarby, doen goed
vir ander, glimlag, groet, kyk mekaar in die oë, wees ‘n beter jy….begin net
weer met klein dingetjie wat ‘n ripple
effek kan hê…….want as ons nie by onsself gaan begin verander nie, gaan ons
staan en kyk hoe ons wêreld om ons verbrokkel, hoe ons kinders geen meer
toekoms het nie en gaan die seer en die kwaad en die verwyte ons heeltemal consume. Ja – jou kinders skuif jou
agtertoe want hulle word groot…maar maak seker jou optrede is van so aard dat
hul die vrymoedigheid en selfvertroue het dat hulle weet hul dit op hul eie kan
doen…worthy women…..en moet nooit
maak dat jou optrede so is dat jy letsels laat dat in plaas van om jou agtertoe
te skuif – hulle jou heeltemal afskryf nie…..Legacy onthou! Joyce Maynard sê iets wat soveel meer vasvang as net
die woorde self of die bedoeling….maar ‘n waarheid wat alles vasvang wat jou
tot die besef roep dat jy moet voluit lewe sodat jou kind kan voluit lewe. Sy
sê: “It’s not only children who grow,
Parents do too. As much as we watch to see what our children do with their
lives, they are watching us to see what we do with ours. I can’t tell my
children to reach for the sun, all I can do is reach for it myself.”
Volgende
week is Meer as net Dad Jokes se swanesang. 13 Weke kom tot ‘n einde en dan vra
ek die vraag: Wat is dit wat gedoen moet word.
Dad Joke
van die week: - I
like telling Dad jokes… sometimes he laughs.
Touché!
Vir
oulaas – tot volgende week!

Comments
Post a Comment