Posts

Showing posts from 2024

Week 13 - Wat is dit wat gedoen moet word?

Image
  Week 13: Wat is dit wat gedoen moet word?   Madiba het gesê:- “We know what needs to be done – all that is missing is the will to do it!” So – terug by die begin – wat is dit wat gedoen moet word? Ek het steeds nie die antwoord nie, maar kom ons spreek die spreekwoordelike olifant in die kamer aan —pa-wees, ouer-wees, man-wees is harde werk. Daar is nie ‘n “ How to be a Great Dad “- manual nie, geen gebruikersgids nie, en beslis geen "Pa van die Jaar" cheat sheet wat jy van Google af kan trek om vir jou al die antwoorde te gee nie. Maar hier is die deal : of jy nou 'n superheld in 'n suite of die koning van die afstandbeheer is, jou werk gaan veel verder as om die beste steak by die braai te braai of die lekkende kraan reg te maak. Dit gaan daaroor om 'n voorbeeld te stel, 'n lewende, asemhalende bloudruk vir jou kinders om te volg. No pressure - nê?! Onthou jy die eerste keer toe jy jou kind probeer leer het hoe om fiets te ry? Vir my was dit ...

Week 12 - Pappa ek skuif jou nou 'n bietjie agtertoe.

Image
    Week 12: Pappa – ek skuif jou nou bietjie agtertoe.   Ek het almal wat lees nou al saam gevat op my journey van kind groot maak en hopelik het ek ‘n paar lesse gelos wat iemand iewers kan help. Verlede week het ek geskryf oor dogtertjies wat groot word en die impak daarvan op jou lewe – maar dit het meer te doen gehad met die besef dat jy net so lank kan vashou – it is inevitable – accept it . Ek het gekyk na JOU rol in hulle grootword en die belangrike rol wat jy speel in hul vorming. Vandeesweek se onderwerp is so bietjie moeiliker om aan te raak – want ek het nie die antwoord nie, ek weet nie, I just don’t know …. Pappa was daar met al die eerste mylpale, die eerste woordjies, die eerste tree, die eerste skooldag, die eerste netbal. Deur elke redenaarstoespraak, elke Eisteddfod optrede, elka klavier recital . Deur elke skoolkonsert, revue en toneel. By elke rapport, elke groot event en/of kompetisie. Pappa was daar toe die lisensies gekry is, die bril...

Week 11 - En toe word ons groot...

Image
  Week 11: En toe word ons groot Vandag se post voel half-en-half soos ‘n opsomming van week 1 tot 10 – maar ek dink nie daar is genoeg weke in ‘n jaar om te beklemtoon hoe belangrik hierdie is nie – ons optrede – ons vorming van ons kinders en die rol wat ons speel om die groter samelewing te “red” nie Ai julle -   die joys en trials met die grootmaak van dogters! Christopher Hitchens vang dit so akkuraat vas:- “ To be the father of growing daughters is to understand something of what Yeats evokes with his imperishable phrase ‘terrible beauty.’ Nothing can make one so happily exhilarated or so frightened: it’s a solid lesson in the limitations of self to realize that your heart is running around inside someone else’s body ."   Kyk, niks, maar niks berei 'n man voor vir die warrelwind journey om te sien hoe sy dogtertjies grootword nie. Een oomblik is hulle klein bondeltjies vreugde wat dink jy is die snaaksste, sterkste en slimste man in die hele, wye wêreld. Di...

Week 10 - Los jy 'n legacy of net letsels?

Image
  Week 10: Gaan jy ‘n legacy los of net letsels?     ‘n Legacy word omskryf as: “ the long-lasting impact of particular events, actions, etc. that took place in the past, or of a person’s life .” Vir al die Afrikaanse lesers: "die langdurige impak van bepaalde gebeure, aksies, ens. wat in die verlede plaasgevind het, of van 'n persoon se lewe." Langdurige impak? Dus is dit iets wat bly lank nadat jy nie meer daar is nie. Iets wat jy gedoen het, iets wat jy gesê het…….maar positief. Ek vind dit interessant dat die woord positief nie in die definisie ingesluit word nie, want dit moet egter positief wees. Hier in ons geweste (inteendeel – reg oor ons mooie land) is daar ‘n baie bekende restaurant-groep – die een met die Indiaan met al die Indaanse tribe name. Nog nooit het ek van hierdie plek gehou nie – vandat die eerste een hier in onse dorpie oopgemaak het tot op hede. Ek kon net nie ‘n vatplek kry aan die eetplekkie nie of dit nou hier in Randfontein, Key We...

Week 9 - Staan jy op die kantlyn of by die wenstreep?

Image
  Week 9: Staan jy op die kantlyn of by die wenstreep? Die week vra ek die vraag – staan jy op die kantlyn of by die wenstreep? Weereens mag dit op die oog af lyk of dit ‘n dom vraag is, want ondersteuning is mos belangrik ongeag waar jy staan….maar ek wil sê – Nee – dit doen nie. Kom ek probeer hierdie verduidelik. Dit gaan glad nie oor perspektief nie – beslis nie jou eie perspektief nie. My oudste was as klein dogtertjie verskriklik skaam. So by so dat sy nie eens in ‘n vertrek kon instap waar daar meer as twee mense in die vertrek was nie. Doodskaam. (As jy ooit wonder wat die intensiewe vorm   van ‘n woord is sit net DOOD vooraan – dit werk meeste van die tyd! J ) Pynlik skaam (as dood nou nie meer werk nie!). Om dinge te vererger het van ons beste vriende ‘n tweeling wat dieselfde ouderdom is as Caitlin. As hulle by ons kom kuier het was dit nag – Caitlin het die berge in gevlug (met berge bedoel ek haar kamer), seker gemaak die ganghek is gesluit, die honde is b...

Week 8 - Dogtertjies word ook groot.

Image
    Week 8: Dogtertjies word ook groot. Manuel Escorcio sing ‘n liedjie met eenvoudige lirieke….eenvoudig – maar as ek die liedjie hoor word my hart baie seer en raak ek mismoedig. Nostalgies. Effens bang. Hartseer Hy sing:- “Vissies is maar net soos jy Swem en speel die tyd verby Voor hul weet of dit verstaan Moet hul eendag verder gaan So word dogtertjies ook groot Nou sit jy nog op my skoot Maar daar kom 'n ander tyd Dan raak ek jou 'n bietjie kwyt. En dis die realitiet van die lewe. As hulle klein dogtertjies is probeer jy die sterk. slim Pappa wees vir hulle wat alles kan doen, wat vir niks bang is. Op Laerskool is jy hulle hero want jy kan enige probleem oplos. Op hoërskool is jy hulle rots, hulle rigtinggewer….en dan kom universiteit…….en jy is net pappa. Jy groei saam met jou kinders, soen seer knieë gesond, hou klein handjies styf vas….en soos die tyd verby gaan is daar minder stukkende plekke om gesond te soen en die kans om ‘n hand vas te hou ...

Week 7 - As die katte se kloue uitkom

Image
  Week 7: As die katte se kloue uitkom. “Never let a problem to be solved become more important than a person to be loved” Aldus Leo F Buscaglia. Oom Leo het seker nie twee dogter gehad nie. Toe hulle kleuters was het my twee baie baklei….laerskool was erger….hoërskool nog erger. Ek het op ‘n punt gekom waar ek gewonder het of dit ooit gaan ophou en telke male het ek net in stilte gedink – slat mekaar dood want ek weet nie meer nie!! Gelukkig het hulle dit nie gedoen nie, maar dit het nie gekeer dat ek soms self die idee tot uitvoering wou bring nie. Soos meeste ander mense hou ek nie baie van konflik nie. Ek het nie rerig groot geword in ‘n huis waar ek geleer is hoe om konflik te hanteer nie. So noodgedwonge – het ek onttrek. Uit die situasie uit, uit die omstandighede uit, van mense af…..die stilte in. In die stilte kon ek dinge in my kop probeer uiteredeneer, probeer sin maak van wat gebeur het, myself oortuig dat alles okay gaan wees…..vrede gesoek. Needless to say – di...

Week 6 - Kan jy netbal speel met 'n rugbybal?

Image
Kan jy netbal speel met ‘n rugbybal?   Odd vraag is dit nie – en die heel waarskynlikste antwoord sal NEE wees. Die vraag is so bietjie irrasioneel want dis nie logies of redelik nie. Tog is dit wat baie ouers probeer doen. Nou nie rerig netbal speel met ‘n rugbybal nie – Duh – maar hulle probeer hard om iets te doen met hul kinders – iets anders as waarvoor hulle ge-design is. Elke liewe een van ons is “ Fit for Purpose ” geskep – tog is dit asof sommige mense nie worry oor wat hulle purpose is nie, nie wil uitvind nie, sommige weet maar stry daarteen omdat dit nie hulle idee van purpose is nie, ander is net heeltemal ignorant en slegs sommige weet wat hul purpose is. Weet jy wat joune is? Hartseer om te sien hoeveel ouers hulle eie drome wat nie verwesenlik is nie, probeer waar maak deur hul kinders. Hartseer om te sien hoe sommige ouers eer, status en suskes hoër ag as hul kinders se geluk en balkies najaag. Hartseer hoe sommige ouers net hul kinders los sonder enig...